Twee gered tydens kitsvloede

Argieffoto (Foto: Hans Braxmeier/Pixabay)

Twee persone is Maandagaand tydens kitsvloede in Trichardt in Mpumalanga gered.

ER24-paramedici en Delta1 Rescue is na die toneel ontbied ná ʼn motor op ʼn plaaspad meegesleur is, het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Die motor is ongeveer 300 meter verder in ʼn klein dammetjie gevind. Die twee persone het op die dak van die motor gesit.”

Delta1 Rescue-personeel het die dam betree en die twee persone veilig na die wal gebring waar paramedici hulle ondersoek het. “Hulle het nie enige beserings opgedoen nie.”

Plaaslike owerhede stel verder ondersoek in.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.