Twee geskiet ná gemeenskappe bots

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is in hegtenis geneem nadat hy glo twee mense tydens ʼn konfrontasie tussen die Indiër-gemeenskap van Lenasia en inwoners van Thembelihle in Johannesburg geskiet het.

Lt. Kay Makhubela, polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die Indiër-gemeenskap het die inwoners van Thembelihle gekonfronteer nadat hulle glo elektrisiteitbokse in die omgewing wou afbrand.

“Terwyl die polisie besig was om die situasie te beheer, het inwoners van Thembelihle die groep van Lenasia met klippe bestook,” het Makhubela gesê. “ʼn Man van Lenasia het vermoedelik sy vuurwapen uitgehaal en op die Thembelihle-inwoners geskiet. Twee mense is beseer.”

Makhubela het gesê die 47-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van poging tot moord. Hy sal na verwagting Vrydag in die Protea-landdroshof verskyn.

Volgens Makhubela het die Thembelihle-inwoners voor die voorval ʼn vergadering gehou nadat hulle verlede week oor dienslewering betoog het. Na afloop van die vergadering het hulle verbygaande voertuie in die pad met klippe bestook en gedreig om die elektrisiteitsbokse af te brand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Allies ·

Die man word met klippe gegooi. Hy skiet terug want sy lewe is in gevaar en hy word toegesluit en aangekla vir poging tot moord? ???? Net in Suid Afrika

Ai tog ·

Iewers is hier ‘n skroef los elke keer as die mense ongelukkig is dan brand hulle af, hoekom dit los niks op nie, hulle voeg net nog meer probleme by. Nou gooi jy ‘n verbygaande motor wat absoluut niks te doen het met die dienslewering probleem nie. Dit maak mens moedeloos wat leer jy vir jou kinders om ook af te brand dieselfde goed wat afgebrand word oor 2 jaar weer gesoek “ons het nie ‘n biblioteek nie” dis dieselfde mense wat afgebrand het se kinders wat dit later soek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.