Twee gesoek ná tasse met geld by lughawe verdwyn

Die twee mans wat gesoek word. Foto: Verskaf

Die polisie het ʼn beroep op die publiek gedoen om hulle by te staan om twee mans op te spoor in verband met ʼn voorval by die King Shaka-lughawe waar twee tasse met geld gesteel is.

Lt.kol. Thulani Zwane, provinsiale polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, het Donderdag ʼn foto van kringtelevisiebeeldmateriaal van twee mans bekend gestel wat gesoek word om die polisie by te staan om die diefstalsaak op te los.

“Die voorval het op 15 Augustus verlede jaar plaasgevind. Die slagoffer het ʼn aansienlike hoeveelheid kontant in sy besit gehad toe hy by die lughawe was,” het Zwane gesê.

“Twee onbekende mans het hom genader en hulself as polisiebeamptes voorgedoen. Hulle het die slagoffer se twee tasse geneem waarin die geld asook ander items was, waarna hulle op vlug geslaan het.”

Enigiemand wat weet wie die mans in die foto is of weet waar hulle hul mag bevind, word versoek om ao. SM Govender by 079 500 0763 of Stop Misdaad by 08600 10111 te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Theresa B ·

‘n Jaar terug – en nou word daar na diè 2 gesoek??!!

zoom zoom ·

Amper ‘n jaar terug en nou moet ons help. Die foto is van swak gehalte wat die probleem vererger.

CJ ·

Was ook my 1ste gedagte: dit het n jaar terug gebeur. Bring “Police File” terug dat die publiek kan help soek. En ek soek nie eers kommissie vir my gratis wenk nie!

jankoos ·

Sal nie werk,hulle sal n 24 uur kanaal moet hê vir al die skelms in die land en die regering weier om tronke te bou.

Oujongvrou ·

Hoekom het enigeen 2 tasse vol geld op n lughawe. Die hele ding klink vreemd. En die slagoffer het duidelik iets gehad om weg te steek want hoekom laat hy doodluiters iemand met sy geld wegloop as hy nie skuldig voel oor iets nie. Ek dink eerder dat hulle hulself voorgedoen het as die persone wat die tasse moes afhaal en nou soek hulle dit terug. Een klomp skelms vang n ander

Rerig??? ·

Wel as enigiemand hul aangesien het vir polisiemanne…….(slordig met hemp wat uithang en baarde_) dan is die persoon dom. Maar ja, deesdae lyk SAP lede so slordig.

Antiestabliesment ·

het jy al ‘undercover’ cops gesien? Hulle moet insmelt met die omgewing en mense om nie soos ‘cops’ te lyk nie. Polisie lede is nie altyd almal in netjiese uniform nie.

ja nee ·

oujongvrou, ek het aan presies dieselfde as jy gedink toe ek die berig gelees het. Ek gaan gereeld oorsee en o wee die wette is streng.

Showahed ·

Vreemd dat daar nou eers na hierdie ouens gesoek word? En wie dra geld in tasse rond?

Andries Bezuidenhout ·

Niemand vra hoekom die slagoffer soveel geld op hom gehad het op n lughawe nie.wat is daar aan die gang

Karin ·

Ek sien geen tasse by die mans nie. Hulle is dalk heel onskuldig. Lyk soos ‘n pa wat sy seun kom kry het op lughawe.

Elsa ·

, Seker skilpaaie wat die saak laat sloer het, slaaptyd mos, en nou is my raad wie jy of julle ookal is, gaan gee oor en betaal terug….die slagoffer sal moet verdeuidelik… ook

Oom duidelik ·

Nou wat nou. Een [1] jaar gelede. Klandistiene ondersoek sederdien? Sien ook verdwene ondersoek dossier wat media berig. Verwys kommentaar op RSG rubriek vanoggend in verband met rooftogte alle terreine. Standaard van wetstoepassers. Opvolging baie laag op ranglys as gevolg van kundigheid en ingesteldheid.

Tina du Toit ·

Kyk, wie vat twee tasse geld lughawe toe en sorg nie vir genoeg sekuriteit nie. Het die ou nie gehoor van bank oorplasings nie. Hierdie storie klink goed beplan en na `n jaar sal daar teen die tyd niks oor wees nie. Wonder hoeveel was in daai tasse.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.