Twee ‘gesoekte misdadigers’ doodgeskiet

(Foto: Shutterstock)

Twee verdagtes op die polisie se lys van mees gesoekte misdadigers in verband met transitorooftogte, huisrooftogte en plaasaanvalle is deur die polisie doodgeskiet.

Die twee is Saterdag in ʼn skietgeveg met die polisie in Verulam, KwaZulu-Natal, doodgeskiet, het kol. Robert Netshiunda, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens Netshiunda het polisiebeamptes, onder wie lede van die taktiese reaksie-eenheid, die Valke en private veiligheidsbeamptes, inligting opgevolg en die verdagtes se voertuig op die Jabu Ngcobo-rylaan onderskep.

“Toe die verdagtes die polisie sien, het hulle skote begin afvuur. Die polisie het teruggeskiet en ʼn skietgeveg het gevolg.”

Twee verdagtes is noodlottig gewond terwyl een verdagte daarin kon slaag om met ʼn vuurwapen van die toneel te vlug. ʼn Grootskaalse soektog is na dié verdagte van stapel gestuur.

“Die twee oorledenes was onder 15 verdagtes wat in Augustus 2019 probeer het om lede van die taktiese reaksie-eenheid tydens ʼn gefnuikte transitorooftog in Nkandla te vermoor. Dieselfde verdagtes is later in hegtenis geneem, maar het uit die hof gevlug nadat hulle op borgtog vrygelaat is.”

ʼn Vuurwapen is in die besit van die oorlede verdagtes gevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Casper ·

Die twee was betrokke by plaasaanvalle wat vir my sê die polisie was bewus daarvan maar hulle is nooit gevang nie.

Yvonne ·

Snaaks dat borgtog so maklik aan hulle toegeken word….ek kan my verwonder

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.