Twee gevaarlike misdadigers ontsnap uit tronk in Oos-Kaap

Lonwabo Ngqokowana en Zuko Luzuko Lizo Makhanda Gxasheka Sabatha word gesoek. (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van twee gevangenes wat Saterdagmiddag uit die Grahamstad-gevangenis in Makhanda (Grahamstad) ontsnap het.

Lonwabo Ngqokowana (36) en Zuko Luzuko Lizo Makhanda Gxasheka Sabatha (37) het omstreeks 15:45 uit aanhouding ontsnap.

Nobuntu Gantana, woordvoerder van korrektiewe dienste in die Oos-Kaap, sê die gevangenes dien tronkstraf uit vir verkragting, aanranding, ontvoering en veediefstal.

Die departement van korrektiewe dienste ondersoek tans die omstandighede rakende die ontsnapping.

Gantana herinner die publiek daaraan dat die ontsnaptes gevaarlike misdadigers is en lede van die publiek word gemaan om nie die gevangenes self aan te keer nie. Enigiemand met inligting word versoek om die naaste polisiestasie te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Persheks Adri ·

Goeie genade hoe kom die ouens uit? Iemand het seker weer die sleutel mmmmm. Elke week is daar misdadigers wat ontsnap heel gerieflik…

Wiehann ·

Hoekom het ons so slegte stelsel dat daar nie ordentlike photos van die ouens op rekord is nie?

Jaco ·

Regtig ,het iemand alweer die sleutels in die tronk sel se deur vergeet.

JohanR ·

Hulle wil seker Wes-Kaap toe vlug waar daar goeie regering is!

jzjz05 ·

N Getuigskrif vir die korrektiewe dienste,dit gebeur nou kort, kort.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.