Twee gevangenes is Woensdagoggend by die hooggeregshof in Mthatha in die Oos-Kaap doodgeskiet nadat hulle probeer ontsnap het.
Mthunzi Mhaga, woordvoerder van die departement van justisie, sê ʼn beampte van die departement van korrektiewe dienste is in die been gewond.
Mhaga sê die gevangenes is deur beamptes na die hof geneem waar hulle sou verskyn. “Hulle het probeer ontsnap toe beamptes hulle by die hofgebou ingeneem het. Hulle het glo ʼn vuurwapen uit ʼn asblik gegryp en ʼn skietgeveg het uitgebreek.”
Mhaga kon nie onmiddellik die gevangenes se identiteit bekend maak nie. “Die minister van justisie sal ʼn vergadering met die nasionale hoof van hofdienste en -veiligheid belê en versoek dat veiligheid in ons howe opgeskerp word in die lig van die onlangse voorvalle in Pretoria en Kaapstad.”
Brig. Marinda Mills, ‘n woordvoerder van die polisie, sê die gevangenes was veronderstel om in die hof te verskyn op aanklagte van gewapende roof, kaping, moord, verkragting en ontvoering.
ʼn Polisiebeampte en ʼn hofordonnans is verlede maand in die Pretoriase landdroshof gewond nadat twee beskuldigdes op hulle losgebrand het. In nog ‘n voorval is ʼn man dood en twee mense gewond tydens ʼn skietery buite die Bishop Lavis-landdroshof in Kaapstad.
We’re living in the Wild West… I meant Wild South…
Or rather “Shootin’ South”…
Ten minste sal hulle nou nie meer kan verkrag en moor nie.
Goeie nuus weer vir n slag!
Kyk hoe word daar gewerk. Klaar gereël vir die vuurwapen in die asblik. Darem het iemand vandag vir ‘n verandering sy werk gedoen. Twee suurstofdiewe minder wat ons belastingbetalers se geld mors. Good riddens !!
Dit was ‘n beplande ontsnapping, “vuurwapen uit asblik gegryp”, het seker uit die Bewaarder se sak geval toe hy sy Bucket KFC in die asblik gesoek het vir betaling vir die vorige dag se dosier wat hy verkoop het…… tong in die kies storie…..lol
Jammer ek weet Maroela is Afrikaans, maar ek kan nie help om aan die Engelse gesegde te dink nie: “Live by the sword, die by the sword”. Ek kan amper sê dis verblydend dat hulle geweldadig gesterf het, aangesien hulle so geweldadig gelewe het. ‘n Bietjie geregtigheid het tog geskied (skiet).