Twee gevangenes doodgeskiet toe hulle wou ontsnap

misdaadtoneel

Argieffoto

Twee verhoorafwagtende gevangenes is Dinsdag buite ʼn hof in Limpopo tydens ʼn skermutseling met bewaarders doodgeskiet toe hulle klaarblyklik probeer ontsnap het.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, sê die voorval het omstreeks 16:45 voor die hooggeregshof in Thohoyandou gebeur. Volgens Mojapelo het die twee gevangenes daardie dag in die hof verskyn en het bewaarders hulle van die hof se aanhoudingselle terug na die polisievoertuig vergesel.

“Dit was toe dat hulle na bewering een van die bewaarders aangeval en probeer het om sy R5-geweer by hom af te neem. Gedurende die skermutseling, is verskeie skote lukraak afgevuur en in die proses is die twee gevangenes doodgeskiet,” het Mojapelo gesê.

Die twee gevangenes het saam tereg gestaan op meer as 90 aanklagte, insluitend moord, gewapende roof, sakeroof en transitorooftogte.

Mojapelo sê die voorval is reeds by die Onafhanklike Polisieondersoekdirektoraat (Opod) aangemeld wat die ondersoek oorgeneem het.

Die name van die oorledenes sal eers bekendgemaak word wanneer hul naasbestaandes van hul dood ingelig is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

32 Kommentare

sweis ·

Hulle moes in elkgeval die doodstraf gekry het en nou het geregtigheid geskied.

Kobie Welgemoed ·

Mooi so. Gee die manne ‘n medalje. Hulle huiwer nie om op te tree nie.

Gert van Wierdapark ·

Met sulke ernstig aantygings teen hulle, was die toesig ook maar laks! Gelukkig het die lukraakskote goed getref! Baie geld en hoftyd is darem ook nou gespaar!

Vonnie8 ·

Dit gaan hopelik die regsprosses so paar rand spaar. Hoop nie die bewaarder word nou aangekla nie.

AndreD ·

Beste nuus in ‘n baie lang tyd. Fantasties!!! Give that man a Bells!!

Dr Phil ·

Goed so!
Lank laas dat ouens maksimum vonnis gekry het…

Tong innie kies ·

Stuur die persoon wat geskiet het vir n maand GRATIS Mauritius toe.

lee ·

NEGENTIG gesamentlike aanklagte tussen TWEE mense…. ??
Lees ek reg ??
Nee wat…ek is baie dankbaar oor hierdie goeie nuus !!

ES ·

Toe verseker hul aksies dat hul sommer self uit die samelewing verwyder word… Dis skokkend hoe baie kriminele deesdae uit aanhouding ontsnap. Dis swak prosedures wat gevolg word – gelukkig in hierdie geval het het hul nie weggekom nie.

Karlahari ·

Is hulle stil gemaak om nie meer name uit te bring nie?

GP ·

90 aanklagtes. Gaan my verstand tebowe. Hoeveel van hierdie moordende mense is daar? Die paar wat gevang word is blykbaar maar ‘n drupel in die emmer.

jaco ·

gelukkig pas what goes around comes around en wat jy saai sal jy maai darem nog die doodstraf toe

Grysburger ·

Bewaarders moet dalk meer van hierdie gevaarlike gevangenes laat “ontsnap” en dienooreenkomstig optree.

SuidkusTannie ·

Well done! vir daardie bewaarder! Ek hoop hy word goed beloon! Dankie Meneer Bewaarder, jy het 2 misdadigers uit die weg geruim!

Marietjie ·

Kan daar nie nog sulke bewaarders aangestel word nie?????

JohanR ·

Jy kan sommer sien die volk is siek, sat en dik vir misdaad! Hoop die bewaarders het sommer twee Bells elk gekry?

jaco ·

ek sal graag wil weet, as ek die woord karma in my kommentaar gebruik, waarom word my kommentaar dan NOOIT geplaas nie? Dis nie n vloekwoord nie en dis ook nie rassisties of godsasterlik of kwetsend nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.