Twee gevangenes steeds op vrye voet ná ontsnapping

Argieffoto

Twee verhoorafwagtende gevangenes wat net meer as drie weke gelede uit die polisieaanhoudingselle in Letsitele buite Tzaneen in Limpopo ontsnap het, is steeds op vrye voet.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê sedert die ontsnapping op 9 Februarie was daar nog geen teken van Benedict Ledwaba (36) en Adam Baloyi (20) nie. Ledwaba is op aanklag van diefstal in hegtenis geneem en Baloyi op aanklag van huisbraak.

Die twee het saam met vier ander makkers uit die selle ontsnap toe polisiebeamptes vir hulle kos gebring het.

Volgens Ngoepe is Eddie Baloyi (20, vas vir poging tot moord en gewapende roof), Doctor Kubayi (31, vas vir sakeroof), Lordwick Mhlongo (36, vas vir sakeroof) en Frank Nyambi (31, vas vir sakeroof) sedertdien weer in hegtenis geneem.

“Eddie Baloyi, Kubayi en Mhlongo het Dinsdag in die Nkowankowa-landdroshof verskyn en is elkeen tot drie jaar tronkstraf sonder die opsie van ʼn boete gevonnis vir ontsnapping uit wettige aanhouding,” sê Ngoepe.

Intussen word Nyambi nou ook van verkragting, motorkaping en gewapende roof aangekla – alles misdade wat gepleeg is nadat die ses ontsnap het. Hy sal binnekort in die Nkowankowa-landdroshof verskyn.

Ngoepe sê die soektog na Ledwaba en Adam Baloyi duur voort. Enigiemand met inligting wat tot die herinhegtenisneming van die verdagtes kan lei, word versoek om kol. Cecil Machimane by 082 451 7181 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Ag Tog ·

Vinnig om negatiewe kommentaar te lewer maar uiters pateties om self by die polisie aan te sluit en dit dan beter te probeer doen.

leser ·

gee fotos, dis mos dan makliker om hulle uit te wys en dan aan die paal swaai

Chrisjan ·

Duidelik het hierdie Doctor vir die mede-gevangenes koebaai gesê …

willem Botha ·

Dit is hartseer dat die belasting betaler moet opdok vir die goed vir niks klomp in blou wat hulle sa polisie noem ,hoe kyk hulle hul kinders in die oe en sê ons is polisie,ons is verantwoordelik om misdaad te bekamp en julle veilig te hou.

Gert J ·

Gee vir ons fotos van die kriminele dat die publiek hulle kan uitken

sweis ·

Jy mag volgens die perskode nie eers verwys dat n persoon of verdagte swart is nie,wie gaan foto’s plaas in n land waar die pers glo vry en onpartydig is.

George in Bloem ·

Hierdie “ontsnappings” is “inside jobs” waar beamptes omgekoop word. Hoekom word so min van hulle aangekla vir hierdie slapgat uitvoering van hul pligte?

Piet kokewiet ·

Ek weet van mense wie se drugy seuns gedurig in tronk beland vir drugs of diefstal en dit gan al te lekke da binne die famielie moet geld stuur via e wallet dan trek poliesie manne dit vir hulle teen n bedrag… ek gehoor da binne ook meer drugs …wys jou net enige iets wat an staat behoort is korupt

Arno ·

Kan ons asb fotos kry van die ontsnapte kriminele, of moet ons elke ou wat ons sien se naam vra?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.