Twee gevonnis ná boervrou se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis vir die moord op Ronel van Eyk (49) wat in 2012 by die hek van haar plaas naby Hartbeesfontein vermoor is, nadat sy haar negejarige seun, Freddie, by die skool afgelaai het.

Van Eyk is op 13 Augustus deur twee mans oorval. Hulle het haar handsak met ʼn onbekende bedrag geld, twee selfone en ʼn handgeweer gesteel. Sy is herhaaldelik geskiet, onder meer in die gesig.

“Papiki Motabogi (27) en Maiuane Paulino Romao (44) is Donderdag elk tot lewenslange tronkstraf gevonnis,” het kapt. Paul Ramaloko, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee het die slagoffer se voertuig gesteel, maar die polisie het die voertuig later verlate langs die pad gevind.”

Die polisie in Hartbeesfontein het onverpoosd gewerk om die saak op te los, het Ramaloko bygevoeg.

Motabogi is op 19 Augustus 2014 in Wolmaransstad in hegtenis geneem in verband met ʼn ander misdryf wat hy gepleeg het, en die polisie kon hom positief verbind met die plaasmoord in Hartbeesfontein.

Romao, oorspronklik van Mosambiek, het ná Van Eyk se moord na Gauteng gevlug. Hy is op 15 Desember 2014 in hegtenis geneem.

“Al twee mans het tereg gestaan op aanklag van moord en roof,” het Ramaloko gesê. “Motabogi is lewenslange tronkstraf opgelê vir die moord en 15 jaar vir diefstal. Romao is ook lewenslange tronkstraf opgelê vir moord en 15 jaar vir diefstal, vier jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en een jaar vir die onwettige besit van ammunisie.” Al die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dee ·

Vir ‘n kort tydjie het die regsmense toegegee aan my kommentare oor vonnisse wat gelyktydig uitgedien word maar wie ookal die regter was in die betrokke saak luister nie mooi nie.

Rudi ·

Laat my dink aan die grootste duiwelse stuk skuim van ‘n man wat 15jaar terug ‘n vrou se keel af gesny het en haar stukkend gesteek het nadat hy haar geryp het. God het haar laat leef!! Hy het lewenslank gekry en NOU gaan hy miskien vry kom!!!!!!!!!!!!!!!! Ons regstelsel is pateties, skokend, gemors, duur, geldhonger, duiwels, skeef, onregverdig, korrup…….My taal is te swak om dit te beskryf

Winston ·

Lewenslank om op staatskoste; waarvoor ons betaal, niks te doen nie. Misdadigers leef lekker en “boet” nie. Hoef geensins te werk nie en het regte. Lekker lewe en die slagoffer se enigste reg, die reg op lewe, het hy geneem sonder om te dink. Ek het ook nie genoeg taal om te sê wat ek wil nie. Die ander taal sal Maroela nie plaas nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.