Twee gevonnis ná DA-navorser se moord

Sherril Bester (Foto: Facebook)

Sherril Bester (Foto: Facebook)

Bathobotlhe Motseothata (25) en Harry Meyer (32) is gevonnis in verband met die moord op Sherril Bester, ʼn DA-navorser van Ottoshoop in Noordwes.

Motseothata en Meyer het Woensdag in die Noordwes-hooggeregshof se sitting in Mmabatho verskyn, het maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, Donderdag gesê.

Motseothata is 21 jaar tronkstraf opgelê vir die moord en is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak en roof met verswarende omstandighede. Hy is tot 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die diefstal van ʼn motorvoertuig. Hy is ook vyf jaar tronkstraf opgelê vir ontsnapping, wat vir drie jaar opgeskort is, het Makau gesê.

Intussen het Motseothata se medebeskuldigde, Harry Meyer, skuld beken op ontsnapping uit wettige aanhouding en is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis wat vir drie jaar opgeskort is.

“Die twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 52-jarige Bester op 4 Oktober 2014,” het Makau bygevoeg. “Sy is by haar huis met ʼn skerp voorwerp doodgesteek.”

Bester was ʼn navorser vir die Demokratiese Alliansie in die Noordwes-wetgewer. “Sherril was ʼn lojale en pligsgetroue werknemer vir die afgelope tien jaar en het amper daagliks verslag gedoen oor voorvalle soos die een wat haar lewe gekos het,” het Chris Hattingh, DA-leier in Noordwes, destyds gesê.

Lees alle vorige berigte oor Sherril Bester op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Winston ·

12 jaar? Absurd vir moord. Hoe lank “rus” hy uit vir die volgende moord?

Dave ·

Lees oor, Winston.
Volgens die berig het Meyer bloot ‘n opgeskorte vonnis gekry.

Fanie ·

Ons land het ‘n tracker/trace veiligheids stelsel nodig deur middel van die sateliet/e wat alles gaan oplos. ‘n Ingeplante tracking chip, of bracelot, arm of enkel. En as daar pogings aangewend word om dit te verwyder ontplof die toestel/chip.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.