Twee gevonnis ná hulle jong pa voor vrou, kinders skiet

Dawie Maree. Foto: Facebook

Dawie Maree. Foto: Facebook

Twee van die mans wat Dawie Maree (27) sewe jaar gelede voor sy vrou en kinders doodgeskiet het, is Donderdag gevonnis.

Regter Tshifiwa Maumela het Marabe Talane (39) en Rodney Katang Masemola (35) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op Maree. Hy is in Mei 2008 in sy huis in Murrayfield, Pretoria, doodgeskiet. Maumela het die aanval as “wreed en onmenslik” beskryf.

Maree is voor sy vrou, Elana, en twee jong kinders (in daardie stadium ʼn dogtertjie van twee jaar en ʼn seuntjie van 11 maande) noodlottig gewond tydens ʼn struweling met ʼn gewapende aanvaller in sy huis. Hy is in sy rug geskiet.

Talane en Masemola is tot ʼn bykomende 18 jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op hul medepligtige, Martin Tshebesebe. Hulle is ook tot nog 18 jaar tronkstraf gevonnis vir huisbraak en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Regter Maumela het die beskuldigdes se bewering verwerp dat rassistiese wit polisiebeamptes saamgesweer het om dit te laat lyk of hulle die moord gepleeg het. Die beskuldigdes het ook aangevoer dat Maree genadeloos, boos en ʼn rassis was wat net die sneller wou trek. Dié bewerings is ook verwerp.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Boesman ·

Ag nee. Nou moet MY belasting geld gebruik word om hierdie idiote aan die lewe te hou. Dit SUCK!!!!!

Akram ·

Ek stem saam. Bring die doodstraf terug. Daar is teveel mense wat agter tralies sit wat eintlik net die belasting betaler se las vergroot.

etienne ·

Dat ‘n prokureer tsotsie moordenaars soos díe tot in die appelhof moet verdedig bewys dat “wetsgeleerdes” net vir geld in die hof verskyn. Wie betaal Shapiro? Die minister van “kill the boers”….?

Theresa ·

Sewe jaar. Liewe hemel, sewe jaar!!! Sy arme familie.
‘n Grondkombers is die beste vir sulke gemors en NIE tronkstraf nie.

david ras ·

Ek sou graag wou weet waarom dit SEWE JAAR neem vanaf die dag van die misdaad tot vonnis oplegging? Hoelank het dit geneem om die booswigte te arresteer ? Dan hoelank neem dit vanaf inhegtenis neming tot die hofverskyning en skuldigbevinding ?
Watse vertragings in die proses was daar in hierdie geval, en indien wel-hoekom ?
Ek kan net simpatiseer met die familie van Dawie Maree. Waarom moes dit sewe jaar neem voordat hulle werklik afsluiting kon kry ?
Ek weet van die trauma en emosie , ek was ook daar deur.

christine ·

Wil nie doodstraf terug he ook nie lyfstraf by skole nie. Onthou party regters koop sert. Onderw,hosp verpleegsusters jy moet alreeds nee en ja suster terwyl die ding nie eers n lemoen kan spuit nie glo my ek weet dis hel

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.