Twee gevonnis ná plaasaanval: ‘Ons hoop dit bring vertroosting’

Argieffoto

Argieffoto

Twee berugte huisrowers is vandeesweek tot gesamentlik 40 jaar tronkstraf gevonnis in verband met ʼn plaasaanval verlede jaar op Groot Marico in Noordwes.

Kapt. Paul Ramaloko, polisiewoordvoerder, het Woensdag gesê Thabo Kotsedi (27) en Tshepo Sebaeng (31) is skuldig bevind aan huisroof ná ʼn aanval op Colin en Maggie Cooper op 12 Augustus 2014 op hul plaas Modderfontein.

Maroela Media het verlede jaar berig die Cooper-egpaar, albei in hul 60’s, is die Maandag tussen 18:00 en 19:00 oorval. Kotsedi en Sebaeng het Colin buite die huis ingewag. Colin was vir sake in Johannesburg en het pas by die huis aangekom toe hy oorval is.

Maggie was alleen in die huis. Die aanvallers was met messe gewapen en het Colin in die huis in gedwing, waarna hulle die egpaar vasgebind en erg aangerand het. Hulle het tydens die aanval  hulself aan die afgetrede egpaar se aandete gehelp.

Die verdagtes het waardevolle huisware gesteel en in die egpaar se motor van die toneel gevlug. Hul voertuig is omstreeks 00:00 verlate naby Zeerust opgespoor. Maggie kon eers die volgende dag daarin slaag om haarself te bevry, waarna sy hulp ontbied het. Albei is beseer en na ʼn hospitaal geneem vir behandeling.

Sebaeng is ʼn paar uur ná die aanval in hegtenis geneem. Sy inhegtenisneming het gelei tot die inhegtenisneming van Kotsedi ʼn paar dae later in Swartruggens.

Genl.maj. Jacob Tsumane, die waarnemende provinsiale polisiekommissaris, het die Groot Marico-polisie geluk gewens met die skuldigbevinding en vonnis. “Ons hoop die vonnis bring vertroosting aan die slagoffers,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Peet Schabort ·

Toegegee dis ‘n goeie straf MAAR dit moes eintlik nie gebeur het. Met ‘n slap regering is dit egter te wagte. Die grondwet is ‘n ding wat net papier mors.

Dee ·

En die meisie en haar kêrel wat haar ma vermoor het se vonnisse is gesamentlik nie eens 30 jaar.

Fred ·

Hoog tyd dat ons begin aanvalle doen,inbreek en dood skiet.mens kan net geweld met geweld bestry

tamboti ·

Fred het gese ons moet begin doen soos ander aan ons doen, m.b.t. moord , brand en steel. Dit
oortree MM se beleid. Ons mense word nou gedwing om so op te tree, want wettige hulp is daar nie vir ons nie.

tamboti ·

Fred het gese ons moet begin doen soos ander aan ons doen, m.b.t. moord , brand en steel. Dit
oortree MM se beleid. Ons mense word nou gedwing om so op te tree, want wettige hulp is daar nie vir ons nie. self help

vermeende ·

NEE!!!!
Al vonnis wat vertroosting sal bring is die doodstraf!
‘N gewapende roof by ‘n bank kry langer tronkstraf en dan is niemand gedood nie, net geld gesteel.
Hel tot vir die gebruik van die gevreesde “K” woord kan jy langer sit.
Die lewe in die land het geen waarde nie.

Se net ·

Die tronke is deesdae oorvol van moordenaars waar hul vyfster behandeling kry

Willie ·

Die straf vir n moordenaar in SA -as hy gevang kan word : swart op swart.. 6 maande : swart op wit … 6 weke : wit op swart .. lewens lank : wit op wit.. 9 maande

Gesiggie ·

Dit bring vertroosting….. net jammer dit vat so lank om hierdie Rowers te vang?? en gelukkig is die egpaar gespaar… wens net al die ander wat nog vry rondloop kan ook gevang word… vir al die Plaas moorde”’ 40 jaar ??? sal seker na 5 jaar weer vry wees?? hul kom weg met moord”’ en ja die Tronke is oorvol…. so hul moet seker nou en dan onslae raak van sommige”” Ek stem… saam BRING DIE DOODSTRAF TERUG…. As hul iemand vermoor”” moet hul nie die plesier van n tronk lewe ervaar??? maar eerder die dood vonnis gegee word…. Maybe raak al die Plaasmoorde dan beter” of minder”’ Red ons land”’ Red ons boere”’

phillip ·

Die Here gaan ons nie help!lankal van SA vergeet!maar ISIS sal ons help!Die regering is teen ISIS!So enige iemand wat teen die regering is ,is n vriend van my!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.