Twee gevonnis oor Forex-bedrog

Jabulani “Mr Cashflow” Ngcobo (Foto: Facebook)

Die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) het Dinsdag die vonnis van die Durbanse buitelandse valuta (forex)-bedrieër Jabulani “Mr Cashflow” Ngcobo en sy medebeskuldigde Mzabalazo Welcome Dlamini verwelkom op verskeie aanklagte van bedrog.

Ngcobo en Dlamini is bekend daarvoor dat hulle ʼn sjampanjeleefstyl geniet met luukse partytjies en dat hulle gereeld met hul welvaart op Instagram spog. Sommige persone het hulle egter daarvan beskuldig dat hulle forex-bedrieërs is en ander mense se geld steel.

Die FSCA het Dinsdag in ʼn verklaring gesê hy verwelkom die suksesvolle vervolging en vonnisoplegging van Ngcobo en Dlamini op verskeie aanklagte van bedrog en oortreding van die Wet op Finansiële Dienste. Die FSCA het nie aangedui wanneer die twee mans gevonnis is nie. Die saak dien al sedert 2014 voor die gespesialiseerde handelsmisdaadhof in Durban.

Die twee mans is tot ses jaar tronkstraf gevonnis, waarvan twee jaar opgeskort is, met ʼn boete van R200 000 wat vir vyf jaar opgeskort is. Die FSCA het die twee mans strafregtelik verkla ná ʼn omvattende ondersoek. Die ondersoek het bevind die twee mans het hulself as gemagtigde finansiëlediensteverskaffers voorgedoen wat namens kliënte forex-transaksies kon aangaan.

Die organisasie het gebruikers gemaan om seker te maak of ʼn persoon of instansie gemagtig is om finansiële dienste te verskaf.

Die 33-jarige Ngcobo, wat homself as ʼn selfgemaakte miljoenêr beskryf as uitvoerende hoof van Cashflow Pro, het verlede jaar ʼn boek gepubliseer, Cashflow Naked, waar hy sy lewensverhaal gedeel het en verduidelik hoe hy “dit gemaak het in forex”. Hy het ook geldwenke gegee vir behoeftige gemeenskappe.

Die Angolese sakeman Francis Boole het in 2018 in Johannesburg ʼn klag van bedrog teen Ngcobo aanhangig gemaak en hom daarvan beskuldig dat hy R100 000 van hom gesteel het in ʼn forex-transaksie wat skeefgeloop het.

Ngcobo het in 2017 ʼn partytjie van R1 miljoen gehou ná die Randburgse landdroshof hom en Dlamini vrygespreek het op aanklag van bedrog, diefstal en geldwassery. Hulle het ná die partytjie ʼn reis na Réunion onderneem om die geleentheid te vier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Drieks ·

Ko, gaan gee ‘n tip vir iemand en help so misdaad stop. Ek glo hierdie rykes wat voor rekenaars iewers sit maak groot geld.

fred ·

daar is nog baie van hulle,beskerm deur advokate en n onbekwame regstelsel…parasiete..

Jan Entrepeneur ·

Dêmmit. Net toe ek my eie vrotmelk skema waar ek die ontwaterde melk van bruin koeie as grondstof vir sjokolade wou bemark. Ek het gelees dat 10% van Amerikaners dit glo; dink net hoeveel ek uit die ANC ondersteuners sou maak! Ai toggie.

Dries du Toit ·

Dit is n belaglik ligte straf. As hy uitkom gaan hy eers geld maak en baie uitgeslape wees

Blits ·

R200 000 is vir hom kleingeld aangesien hy R1 miljoen party kan hou, So n persoon moet swaar gestraf word, daar waar dit saak maak, lê beslag op al sy geld en besittings en stuur hom tonk toe, dan as hy uitkom is daar nie n stewige bank rekening nie en ook nie lukse mooi karre nie, so kalant voe niks vir sy slagoffers nie so hoekom moet daar geworry word oor hom, laat hy voel hoe dit voel om finansieel in jou kannon te wees

Snob ·

Dan kan hulle voel hoe die oor 55jarige blanke mans in die land voel. Veral die ambagsmanne wie hulle werk verloor het net omdat hulle 55 durf word het. Dan was hulle nie op pensioen gesit nie, hulle was plein weg gefire oor n leer, oop kas tuinslang, oop kraan wat hulle nooit eers gebruik het nie. Dan kan hulle soos die mans, meestal ambagsmanne by myne en verwerkingsaanlegte voel as hulle sien hoe die ou pensioen polis wat hulle sedert hulle jeug betaal het en met erge vermindering moes laat uitkeer het om die huis en kar nie te verloor nie net opraak. Moenie haat nie. Hoe kan mens nie haat as jy die dinge sien nie? Die wanhoop. Die desperate aanstuur van CV’s terwyl die vigsknaap wat nie sy arms kan lig nie, volle betaling, bonusse en skoftoelae ontvang. Hy is mos daar. Al het hy in n jaar se tyd nie n spanner opgetel nie. Al word hy daagliks in en uit die aanleg gehelp. Dis soms net asof God ons mense die blinde oog toe draai. Maar hulle het nog n dak oor hulle koppe, kos op hulle borde, skoene aan hulle voet. Daarom dank hulle God elke dag.

Trol ·

Dit is so waar @Snob. Daarom moet blankes nie hulle neuse optrek vir die unies nie. Al stem die unies meestal met die mynbase saam. As hy solidatiteit se verteenwoordiger die eerste keer sien is daar geen manier dat hy die saak kan verloor nie. Dan op verhoordag hou sy rep samesprekings met die mynmense en wanneer hy daar uitkom hou hy n kaartjie na jou uit met die woorde
“Dit sal vir jou beter wees om te bedank. Die getuienis teen jou…. My vrou werk by n werwingsagentskap. Epos jou cv na die adres. ” Dit terwyl jy weet jy het niks verkeerd gedoen nie. Behalwe dat jy 55 geword het en die persoon wie jou medical gedoen het jou gesê het, “I see you are 55. You must open a soapshop. I’ll come and buy from you.” Naar eerder cosatu as solidatiteit.

Heksie ·

Ag die tronk gaan vir hom speletjies wees, daar is meer misdaad agter tralies as hier buite!

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.