Twee gevonnis oor gesteelde polisiedossier

Argieffoto: SAPD

David John Carr (53) en Dawid Frederick Nicolaas Therion (34) is vandeesweek in die Keimoes-landdroshof in die Noord-Kaap gevonnis nadat ʼn gesteelde polisiedossier in Carr se huis gevind is.

Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê die dossier is in Februarie 2017 in Carr se huis gevind nadat die Valke ʼn wenk ontvang het. Die gesteelde dossier het Therion by ʼn aanklag van dronkbestuur betrek en dateer terug tot Julie 2008. “Dit is nie duidelik wanneer die dossier gesteel is nie,” het Nkwalase gesê.

Carr en Therion is albei skuldig bevind op aanklagte van diefstal en dwarsboming van die gereg. Carr is Maandag tot ʼn boete van R10 000 of 18 maande tronkstraf gevonnis op die aanklag van diefstal en tot nege maande tronkstraf vir dwarsboming van die gereg. Die nege maande vonnis is in geheel vir vier jaar opgeskort.

Therion is tot ʼn boete van R7 000 of 18 maande tronkstraf gevonnis vir diefstal en tot nege maande tronkstraf vir dwarsboming van die gereg wat ook in geheel vir vier jaar opgeskort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Chevy ·

Die steel van polisie dossiers weeg swaarder dan al die moorde wat gepleeg word in die land.

Protes ·

Weereens n bewys van geldgierige mense wat nooit in die polisie moes wees nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.