Twee gevonnis oor polisiebeampte se moord

Armand Wagner. Foto: Facebook.

Twee mans is in die Noordwes-hooggeregshof gevonnis in verband met die moord op konstabel Armand Wagner in Februarie 2018.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, het gesê Lincoln Myengwa Mabika (26) en Sifiso Bongani Ncala (27) is Vrydag tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die twee is op 6 Februarie 2018 in hegtenis geneem in verband met die moord en roof op die 23-jarige Wagner. Hy was by Klerksdorp-misdaadintelligensie gestasioneer. Hy was die aand van 5 Februarie 2018 tuis toe een van die beskuldigdes, vermoedelik ʼn vriend van hom, hom gebel het.

“Die konstabel is na buite om met Mabika en Ncala te gesels. Hulle het daarna ʼn selfoon en geld van Wagner geëis, maar hy het geweier om dit vir hulle te gee,” het Funani verduidelik. Tydens die hofverrigtinge het dit aan die lig gekom Wagner is in daardie stadium aangeval en hy is verskeie kere met ʼn mes gesteek. Sy liggaam is langs die pad in Klerksdorp gevind.

Die beskuldigdes is die volgende dag in Alexandra gevind waarheen hulle met Wagner se Volkswagen Polo gevlug het. Hulle is na Klerksdorp teruggeneem en is sedert hul inhegtenisneming in aanhouding.

Die beskuldigdes is elk ook ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf opgelê op aanklag van roof.

Lees alle vorige berigte oor Armand Wagner op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Griet Skryf n Sprokie... ·

SOMS…het mens net nié woorde, oor dié onmenslike demoniese wreedheid, wat aangaan in ons mooi sonskynland nie…!!!

Baie sterkte aan Armand se familie

piet piet ·

Goeie vriende wat die polisieman gehad het ek wonder net waaroor die vergadering gegaan het so na ure ???

Diefie ·

Dalk was hy besig om “goeie vriend/e” te ondersoek en te na aan die waarheid gekom.

Elvira ·

So hartseer. Hy ken hulle, hy vertrou hulle en dit is wat hulle met hom doen. Ek sal dit nooit verstaan nie. Hierdie land se mense sal NOOIT OOIT kan saamwerk nie. Kulture verskil te veel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.