Twee gevonnis vir aanval op Frankfort-plaas

Johnny Muller. Foto: Verskaf

“Ons storie het soveel beter geëindig as dié van ander slagoffers van plaasaanvalle. Dit is nét genade. Ons is dankbaar dit is verby, en kyk nie terug nie.”

Só het Dalene Muller aan Maroela Media gesê nadat die twee aanvallers wat haar en haar gesin twee jaar gelede op hul plaas buite Frankfort in die Vrystaat aangeval en haar man, Johnny, in die kop geskiet het, in die Frankfort-streekshof gevonnis is.

Johnny het die voorval wonderbaarlik oorleef en was Vrydag in die hof toe Lucky Khumalo (33) en Petrus Lucky Nkosi (37) onderskeidelik 25 en 30 jaar tronkstraf opgelê is vir onder meer poging tot moord.

Maroela Media het vroeër berig die egpaar en hul twee kinders, toé 16 en 14 jaar oud, het die betrokke aand in September 2017 omstreeks 00:30 tuis gekom nadat hulle by vriende gaan braai het. Hulle het oudergewoonte eers gekyk of dit veilig is voordat hulle in die huis ingegaan het.

Johnny was buite om die voertuie in te trek en Dalene in die kombuis doenig toe Khumalo en Nkosi toegeslaan het. Johnny is tydens die aanval in die kop geskiet en na ʼn hospitaal gehaas.

Die twee aanvallers is sowat twee maande later in hegtenis geneem.

Dalene vertel dit gaan baie goed met Johnny aangesien die koeël destyds genadiglik nie sy brein getref het nie.

Johnny het egter gehoor in sy linkeroor asook sy smaak-en-reuk-sintuig verloor.

“Daardie aand was baie scary maar ons het destyds berading ontvang. Ons is sedertdien baie meer veiligheidsbewus en paraat, maar is besonders geseënd om nie in vrees te lewe nie.”

Die gesin woon steeds op die plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jerry ·

Dit is baie sleg wat met julle en veral Johnny gebeur het en dit klink asof julle baie sterker deur dit alles gekom het. Julle is voorwaar geseend, mag dit elke dag net beter gaan!

Schalk ·

Word wakker plaas aanvalle word nie deur individue gedoen nie.Dit is n terroristiese organisasie in SA.Verbind dit met transsito rooftogte.Een vleuel hou hul net besig met weerlig afleiers soos die gebeure met rassisme as ruggraat, nou weer ou vlag, kan sommer rugby bytrek soos Eben.Hierdie is n totale aanslag om sodialisme te bevorder en SUID AFRIKANERS identiteitloos te maak.Hierdie terroriste sit môre in die regering.Suid Afrika raak presies soos ander afrika state van die verlede.Chaos en anargisme en hulle is die mense wat lewe blaas in die lyk van rassisme.Hulle hou dit lewendig om hulself te regverdig.

Al ·

Bly dit gaan beter met jul. En dat jul moedig is om steeds daar te bly. Mag God se beskermengele daagliks jul beskerm soos ons bid vir al die boere en kleinhoewe bewoners

Grobler Steyn ·

Plaasaanvallers word soos VIP,s in ons corektiewe sentrums deur swart bewaarders behandel hulle word as die nuwe generasie vryheidsvegter beskou en nie as koelbloedige moordenaar wat hy is gesien nie word tot helde status verhef

Tino ·

Hierdie skuldiges se gehoor en smaak sintuie moet verwyder word deur ‘n operasie waar die senuwees geknip word!

Schalk ·

Suid Afrika sal omdraai indien die volk van Vader sal terug draai na Sy Aangesig en vra vir leiding.

Natascha ·

Bring die doodstraf terug, dalk vlug die mense weer terug na hul eie lande.
Bly vir die familie dit is nou verby en dat die pa beter is. Ons dink aan jul en al die onskuldige mense in ons deurmekaar land.
ONS KAN NET AANHOU BID.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.