Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê Papiki Mokwena (22) en Ernst Mtombeni (23) is albei in die Middelburg-landdroshof tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord. “Hulle is ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis vir gewapende roof, drie jaar vir die onwettige besit van ʼn vuurwapen en 18 maande vir die onwettige besit van ammunisie,” het Otto gesê.
Maroela Media het vroeër berig Janse van Rensburg het as plaasbestuurder op die plaas Froggy Pond in die Tonteldoos-omgewing gewerk. Werkers het die oggend van 18 September in die badkamer op sy liggaam afgekom. Hy is met ʼn mes in die bors gesteek en in die kop geskiet. Claudine van Wyk, Janse van Rensburg se dogter, het destyds gesê haar pa was erg vermink.
Ian Cameron, hoof van gemeenskapsveiligheid by AfriForum, het die vonnis verwelkom en gesê geregtigheid het geskied. “Dit bewys dat wanneer die polisie en die Nasionale Vervolgingsgesag saamwerk, geregtigheid sal seëvier.”
Lees alle berigte op Maroela Media oor Sarel Janse van Rensburg.
Ek is verheug om te hoor van die lewenslank vonnise vir hierdie twee moordenaars, en mag hierdie lewenslank vonnise in die toekoms die norm word in Suid-Afrika. Sterkte aan die familie, ek is saam met julle bly oor hierdie vonnis
En so sorg die belastingbetaler vir nog 2 uitvaagsels
Net die doodstraf sal die gewensde uitwerking hê op diè twee. So sit hulle en die belastingbetaler sorg vir hulle “hotel” verblyf en Sarel sal nooit weer kan terugkom nie. ‘n Oog vir ‘n oog………………..of hoe ??!!
Die twee uitvaagsels lyk baie ouer as vroeg 20’s op foto. Hul sal wel hul dag nou kry – al is dit net om te weet hul is uitgevang.
Dis dalk n vetroosting maar ni genoeg straf vir di 2 gemorse ni