Twee gevonnis vir moord op man wat POF-uitbetaling kry  

hof-hamer

(Argieffoto)

Twee mans is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hulle ʼn man beroof en vermoor het nadat hy ʼn uitbetaling van die Padongelukkefonds gekry het.

Baxolele Mxabo (30) en Wanda Dzingwe (29) is in die Mount Frere-streekhof in die Oos-Kaap tot ʼn verdere 20 jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van roof. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. ʼn Derde beskuldigde het ʼn staatsgetuie geword.

Mxabo en Dzingwe is skuldig bevind aan die moord op ʼn 55-jarige man in Desember 2018. Die man is aangeval kort nadat hy ʼn uitbetaling van die Padongelukkefonds ontvang het.

Kapt. Khaya Tonjeni, polisiewoordvoerder, het gesê drie mans het die slagoffer se huis die aand van 17 Desember betree en geld geëis. “Hulle het hom vasgebind en hom gemartel terwyl hulle geëis het dat hy sy bankkaarte en PIN-nommers vir hulle gee.”

Volgens Tonjeni het die slagoffer die kaarte en besonderhede verskaf waarna die mans geld uit sy rekening gaan onttrek het. “Hulle het teruggekeer en hom verder gemartel tot hy dood is voordat hulle met ander persoonlike besittings van die toneel gevlug het.”

Die slagoffer se selfoon het speurders na die verdagtes gelei en hulle is sowat ʼn maand na die moord vasgetrek. Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras het gewys hoe die beskuldigdes geld uit die oorledene se bankrekening by ʼn bank onttrek het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

christo ·

20 jaar waarvan 3 jaar uitgedien word want hulle is dan ‘ gerehabiliteer ‘. En die gevangenisse is mos oorvol.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.