Twee gevonnis vir moord op polisiebeampte

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Twee mans is gevonnis nadat hulle skuldig bevind is aan die moord op ʼn polisiebeampte van die Vrystaat.

Sers. Mmako Mophiring, woordvoerder van die polisie, het gesê die twee mans is Vrydag in die hooggeregshof in Harrismith gevonnis vir die moord op ao. Tomoloane Moloi van die Phuthaditjhaba-honde-eenheid.

Volgens Mophiring is Sedimo Selahla (24) tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord terwyl Neo Mokhethi (18) tot 20 jaar tronkstraf gevonnis is.

Moloi is in Augustus 2014 doodgeskiet tydens ʼn rooftog by ’n buitelander se winkel in Qwa Qwa. Lt.genl. Simon Mpembe, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir die geslaagde vervolging van Moloi se moordenaars.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

vermeende ·

kom ek stel dit so eenvoudig as moontlik. Die publiek of opposisie partye word nooit geken in aanstellings van die regterhand van die staat nie (Die SAPD) Ook word hulle nie genader oor hulle nie geken in die opstel van min vereistes om te kwalifiseer vir toelaating. Almal is nie korrup nie maar ongelukkig dra die eerbare polisie die vlek van die korrupte lede.
Ek glo die polisie in sy geheel geniet die optrede teen moodrenaars van sy lede maar wat maak hulle meer verdienslik vir ‘n drastiese optrede teenoor die bejaardes wat daagliks geen weerstand kan bied nie en ook nie die voorreg het om met ‘n 9mm of R5 hulle daaglikse take af te handel nie.
Nee……. die SAPD is seker die grootste misdaad sindikaat in die land, loer net in die media en sien self waarvoor sy lede verantwoordelik is, van moord, verkragting en roof.
Kyk, ‘n skelm hou nou maar eenmaal nie van kompetisie, taxi geweld en so meer.
ek verwelkom ook die vonnis, net jammer hulle betaal nie ook met hulle lewens nie.
ek voel nie meer simpatie met die gewapende polisie wat in ‘n kleiner getal geteiken word en sterf in die uitvoering van hul take teenoor ongewapende boere wat in sy werk vermoor word nie.
Maak die speelveld gelyk, gooi jou 9mm en R5 weg dan sal ek ‘n traan stort vir jou vrese.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.