Twee gevonnis vir moord op Welkom-man

Neil Horrocks (Foto: Facebook)

Die twee mans wat Neil Horrocks in November 2018 in Welkom in die Vrystaat vermoor het, is swaar gestraf.

Horrocks is die aand van 17 November vermoor toe hy van ’n kuierplek in Dagbreek na sy huis in Flamingopark gestap het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het twee mans, wat in die bosse agter die Unitas Secondary School gewoon het, Horrocks gekonfronteer en beroof. Hy het teruggeveg en is in die bors geskiet. Horrocks is ook met ’n draad gewurg en vasgebind. Hy is van sy selfoon en kontant beroof.

“Die twee verdagtes is later deur die Welkom-polisie vir drink in die openbaar aangekeer. Een van die verdagtes het die polisie toe van die voorval ingelig.” Daar is op die moordwapen en die gesteelde items beslag gelê.

Mpotla Michael Mkwanazi (35) en John Teboho Nolwana (34) is aan moord, roof met verswarende omstandighede, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, en oortreding van die immigrasiewet skuldig bevind.

Mkwanazi is tot lewenslange tronkstraf gevonnis op elk van die aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Hy is tot ’n verdere 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook een jaar tronkstraf vir die oortreding van die immigrasiewet.

Nolwana is tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op elk van die aanklagte van moord en roof met verswarende omstandighede. Hy is tot ’n verdere 10 jaar tronkstraf gevonnis vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, asook twee jaar tronkstraf vir die oortreding van die immigrasiewet.

Horrocks het ten tyde van sy dood as ’n sjef in Welkom gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Di ·

NOG iemand se lewe wat geneem is deur ONWETTIGE IMMIGRANTE! Steeds word daar wyd en syd verkondig dat onwettige immigrante nie die oorsaak is dat misdaad so drasties toegeneem het nie. ELKE dag in die nuus is daar berigte van moord, verkragting, kapings en diefstal waar hulle betrokke is maar Rooikappie beskerm sy “brothers” en por hulle steeds aan om hier te kom plak! USELESS regering moet dringend iets doen om hierdie spul op te spoor en terug te pos na hulle eie lande toe.

Wat op dees Aarde ·

Dit sê duidelik in die artikel… Laaste 2 paragrawe. Gevonnis vir die oortreding van die immigrasiewet… Wat beteken dit? ONWETTIGE IMMIGRANT! En nou moet ons belastingbetalers se geld gemors word op die kriminele.

Di ·

WANT hulle is ook skuldig bevind aan oortreding van die immigrasiewet! DIT beteken dat hulle onwettig in die land is – Lees die berig weer

Waarnemer ·

Moenie worry. Ie julle 2 veroordeeldes….binne n paar dae “ontsnap” julle kastig nadat n paar rand verwissel is tussen iemand van buite en n korrupte bewaarder of so nie na 3 mnde is julle op “mediese parkol” vry om te gaan ghol speel saam met Shabir en Zuma.

Swerwer ·

Geen straf is swaar genoeg behalwe die doodstraf vir die beskuldigdes nie. Gewetenlose kommuniste

Di ·

Sien op thesouthafrican.com dat Operation Dudula die naweek in Kaapstad begin om onwettige immigrante uit te haal. Die DA veroordeel hulle nou daaroor maar NEEM MENS HULLE KWALIK? Iemand probeer opstaan teen al die onwettige immigrante en ALMAL in die regering skop vas daarteen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.