Twee gevonnis vir moord op Winnie Rust

Winnie Rust.

ʼn Man en sy oom is Woensdag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gevonnis vir die moord op die bekende skrywer Winnie Rust (77).

EWN berig regter Elize Steyn het Nigel Plaatjies en sy oom, Johannes Plaatjies, tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Die twee is in Desember skuldig bevind op aanklagte van moord, roof, poging tot brandstigting, diefstal en vier aanklagte van bedrog.

Nigel is finansieel en moreel deur Rust ondersteun. Sy sou vir sy tersiêre opleiding betaal en wou hom met ʼn beter toekoms help.

Maroela Media het vroeër berig Rust, wat vir bykans 60 jaar in Wellington gewoon het, se liggaam is op 11 Mei 2016 deur haar man, dr. Manie Rust, in hul huis in Uitsig gevind. Haar hande en voete was vasgebind en sy het beserings aan haar gesig gehad. Nigel en Johannes het ook ʼn kers langs ʼn oop gasstoof in die huis gelaat in ʼn poging om die huis af te brand.

Rust was internasionaal bekend vir haar skryfwerk. Sy is in 2005 vir die Jan Rabie-Rapport-prys benoem vir haar boek Martha – ʼn Verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford. Rust het benewens haar man ook drie dogters, ʼn seun en ses kleinkinders agtergelaat.

Winnie Nel, een van Rust se dogters, het destyds aan Maroela Media gesê haar ma was ʼn formidabele vrou wat die gemeenskap met haar talente gedien het. “Sy het na mense geluister en hulle vereer deur hul verhale neer te skryf. Sy was vriende met almal. Sy was mev. Wellington, ʼn absolute besonderse vrou. Sy het so reg geleef en so verkeerd gesterf.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Genieve ·

Ek kon nie glo dat Nigel so dom was nie jinne as n mens lees hoe goed die vrou vir hom was en wat sy alles vir hom beteken het dan gaan dit my verstand tebowe.

wraggies ·

Dis wat jy in hierdie land kry as jy sekere mense probeer help.

Henneman ·

Ai,nou dat die finansiele fonteintjie opgedroog het van n mens wat baie werd was vir ons samelewing,en sinloos vermoor is,moet ons geldjies wat die staat van ons kry,hom verder voed en klee.

Yster ·

En hulle kan bly wees die doodstraf is af. Anders het hulle seker gehang.

Pop ·

Wraggies, dis presies soos jy se. Daai soort mak hond byt die seerste

PJC ·

Ongelukkig is dit wat met ń mens gebeur as jy jou oor hierdie mense probeer ontferm.

Oom Kalahari ·

Hierdie tipes van optrede vanaf bekendes wat deur ander families versorg word het al heelwat in later stadiums aan die pen gery. Gee ‘n pinkie en die hele hand is in die proses. Soos Pop tereg verwys: Die makste hond byt maar die seerste.

Heidi ·

“No good deed goes unpunished ” Nigel het nou genoeg tyd om oor sy wandade te besin in die tronk. Hy was die geleentheid gegun om iets van sy lewe te maak. Maar het die verkeerde pad gekies.

GM ·

Adriana, ons ‘eie’ mense, is glad nie so onskuldig nie, hulle steek mekaar netso in die rug.

Speedguard ·

Stem Adriana, hulle is juis die gevaarlikste!!!Het self die paadjie geloop , 3 keer maar nou is ek klaar en nou is ek die vark in die verhaal !

Charmaine ·

EK dink dit is gevaarlik om met enigeen nice te wees,kyk na die mooinooi vroue.Wie’s die meesterbrein die mense…

Whitey ·

Mooinooi vroue was nie nice met hulle nie, dit was ‘n saketransaksie .. en daar was mense van alle kultuurgroepe daarby betrokke .. so moet asb nie weer die wit indiwidu uitsonder om ‘n punt te probeer maak nie.

SIESTOG ·

No good deed goes unpunished. Dan se almal ons moet SAAMWERK en GOED wees vir ander mense .. Kyk wat het dit haar nou op die hals gehaal. RIV vrou . jy het net goed probeer doen . versoening en rekonsiliasie lyk dit my nie het hier geslaag nie.

Gepas en hoop ·

Die straf is gepas vir hierdie misdaad, dit is jammer doodstraf is af, anders sou dit gepas gewees het, ek het op my tande gebyt dat hul veral die atleet dalk ligter gaan straf, want hy en sy Ma het probeer voorgee dat hy deur die Oom forseer was, as jy onder druk verkeer het jy soveel plekke om na te hol vir hulp, geen verskoning regverdig wat hul aan hierdie dierbare eerlike mens gedoen eht nie, so wreed, hy moet ongelooflik verrrot wees as hy dit kon regkry, sy is nie opslag dood, ek kan net dink hoe moes sy nogsteeds mooi gepraat het en belowe het om hom te help en hy het net aangegaan. Ek hoop werklik dit stuur ‘n boodskap uit om nie die hand wat jou voed te byt nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.