Twee gevonnis vir wrede dubbelmoord in Memel

Van links is Viv Viviers, Thea du Plooy, Eric Oosthuizen en Charlotte Viviers. Die foto is in 2008 geneem. Foto: Verskaf

Van links is Viv Viviers, Thea du Plooy, Eric Oosthuizen en Charlotte Viviers. Die foto is in 2008 geneem. Foto: Verskaf

Die moordenaars van Eric Oosthuizen (82) en Charlotte Viviers (78) is elk twee keer lewenslange tronkstraf opgelê vir die dubbelmoord wat die Vrystaatse dorpie Memel geruk het.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê regter Jake Moloi het Sabelo Mlungisi Xaba (27) en Patrick Simphiwe Mofokeng (23) tot ʼn bykomende 15 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede, 15 jaar vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en vyf jaar vir die onwettige besit van ammunisie.

Xaba en Mofokeng het op 20 Oktober 2015 van Newcastle na Memel gery en omstreeks 18:00 by Charlotte en haar man, Viv, se huis ingebreek. Charlotte en Oosthuizen, ʼn familielid, was alleen tuis. Xaba en Mofokeng het hulle vasgebind en hul monde en neuse bedek. Oosthuizen en Charlotte het versmoor. Charlotte is ook erg gemartel om die kluis se sleutels te gee.

Viv het omstreeks 18:15 by die huis gekom. Hy is ook vasgebind en aangerand. Die huishulp het Woensdagoggend op die gru-toneel afgekom toe sy vir werk aangemeld het. Viv het die wrede aanval oorleef en is vir mediese behandeling geneem.

“Hulle het hom met messe in sy bene gesteek en met plastiek op sy maag gebrand. Hy het ook erge kneusplekke opgedoen soos hulle hom op en af in die huis gesleep het,” het Thea du Plooy, ʼn familievriend, destyds aan Maroela Media gesê.

Xaba en Mofokeng het met R45 000 se kontant en vier vuurwapens in Viv se bakkie gevlug. Hy is op 25 Oktober 2015 in hegtenis geneem. Mofokeng is eers in September vanjaar aangekeer.

Xaba het tydens die verhoor aangevoer hulle het beplan het om by die huis in te breek. Hy het gesê Mofokeng is in die huis in terwyl hy buite gewag het. Mofokeng het egter aangevoer albei van hulle is die huis in.

Die staatsaanklaer, adv. Moseme Lecoe, het die swaarste straf vir Xaba en Mofekeng gevra, aangesien hulle die aanval beplan het en geen genade aan hul slagoffers betoon het nie. “Selfs nadat hulle die geld gesteel het, was hulle nie tevrede nie en het hulle Eric en Charlotte laat versmoor. Net lewenslange tronkstraf is ʼn gepaste vonnis,” het hy aangevoer.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Johann ·

Kommaan lafaard Malema en jou gespuis gevolg….EK DAAG JOU UIT!!!!! Lewer kommentaar soos jy en jou walglikheids navolgers kommentaar lewer op TWEE BLANKE MANS wat EEN swart man traumatiseer…..of is dit presies die tipe wreedheid wat jy aanspoor? Om nie te praat van die DA wie se leier niente lank gevat het om sy ware “kleure” te wys nie!!!!! Geen mens…GEEN MENS doen dit en mag dan die reg toeien om n mens genoem te word nie!

Henriette ·

Dis omdat Suid-Afrika lyk soos dit lyk, net een oplossing daarvoor stel die doodstraf terug in.
Al genade as mens nie wil luister nie moet jy die gevolge dra.

Sê maar net ·

‘n mens het net een lewe, wat help dit hulle vonnis jou 2 of 3 lewenslange vonnisse. Lewenslank is 25 jaar en na 15 kan hulle alweer parool kry. Vonnisse moet nie samelopend gegee word nie maar moet apart gedien word. Ten minste 50 jaar sit sonder parool.

Nico ·

Hierdie soort vonnisse is belaglik. Indien die regter die skuldiges regtig lank tronk toe wil stuur, moet die vonnis wees “Tronkstraf vir die res van sy / haar natuurlike lewe, sonder die moontlikheid van parool”.

tom ·

Nou wat se die klomp groot bekke nou wat kommentaar gehad oor die doodskis geval ?

Asjas ·

Ek het nie kommentaar gelewer daar nie, was te teleurgesteld in wit mense maar eintlik dink ek ons moet verby die kleur grens beweeg en enige iemand wat ‘n ander vermoor, martel of verkrag of besteel moet swaar gestraf word.
Ek kan nie glo mense kan so wreed wees teenoor jou eie of ander mense nie. Die samelewing is oor die algemeen wreed teenoor mekaar.

JJ ·

En die menseregte kommissie skreeu grafstil. Ek het nou gesien wat die ware kleure van die DA is.

Mel ·

Ek stem ook vir doodstraf, vonnise is niks meer vandag ni, dinge ruk vieslik hand uit, mens weet ni meer wat om te sê en te dink ni!!! Ons kommentare val op dowe ore

Andrea ·

Ek wil hoor by die kenners: sou dit enigsins moontlik wees om fotos van die moordtonele te bekom? Ek glo daar is etiese probleme daarmee. Indien moontlik, sou ek graag wou sien dat mens sulke fotos gebruik om internasionale petisies te begin. Ek het toe ek onlangs in Nederland was, die boek “Mandela” met opset in my hotelkamer gelos met die hoop dat mense die gru-fotos van plaasmoorde sou sien. Wat kan hul doen daaraan? Seker niks. Maar ék wil graag probeer iets doen!

Armando ·

Andrea, wens ek het jou geken. Hou die vlam hoog! jou vraaag oor foto’s is skerp! A.

DraJouWapen ·

Aan al die mense wat hierdie berig lees. ASB!
As jy ‘n wapen het, dra hom by jou. Veral as jy op ‘n plaas woon.
Mens lees elke keer dat die moordenaars wapens gebuit het wat in die kluis was. ‘n Wapen in ‘n kluis beteken net mooi niks. Moet dan eerder nie een hê nie, want dit skep net ‘n valse gevoel van veiligheid, niks anders nie.

Chrisjan ·

Jou kanse om konfrontasie te vermy en oorlewing is reeds beter wanneer jy jou vuurwapen by jou het. Dis ook ‘n feit dat die vlak van geweld wat jy kan verwag, verhoog wanneer jy gewapen is. Sorg dus dat jy goeie opleiding ontvang en gereeld oefen. Fisiese en geestelike voorbereiding is net so nodig. Ons kan nie meer sit en hoop nie, dit het tyd geword om te sit en wag, gereed, voorbereid, tot dit jou beurt is, dan doen jy wat nodig is toewyding.

Waar is julle? ·

En die Khadalia stigting en die DA en die EFF skitter in hulle afwesigheid ook die MRK wat so graag ras in die prentjie inbring. Dankie dat die regter ordentlike vonnisse toegestaan het, ek wonder net hoe lank gaan hulle in werklikheid sit. Ek kom agter baie van hulle word so stil stil na 4 jaar vrygelaat op goeie gedrag … niemand weet net daarvan nie, want hulle was nie openbare figure soos Clive Derby Lewis nie.

Sarie ·

Al sit hulle ook vir die res van hul natuurlike lewens inni tronk, sal hulle nòòit die trauma van versmoring ervaaar nie…

VYTJIE ·

Drajouwapen: Ek stem saam, saam en nogmaals saam. dit is amper om te se jy is `n CHRISTEN
maar jou bybel kom NOOIT oop nie.

Justice ·

Hierdie is die hartseer gevolg wanneer iemand ongemagtig `n plaaseiendom betree.

treurgrond ·

Doodstraf stem ek helemal saam mee – vonnisse beteken helemal helemal niks nie ……..

Rassiste ·

Die SA samelewing en hoofstroom media is die ware rassiste, en hierdie waarheid sal uitkom.

Moeg vir alles in Suid afrika ·

Waar is die DA nou wat so tekere gegaan het so paar dae terug.Blanke mense word wreed vermoor en afgeslag asof ons diere is.Ons op plase moet heeldag op ons hoede wees vir enige onraad wat rondbeweeg en wat onwettig op jou grond rondbeweeg soos hulle wil.Dis mos net soos in dorpe en stede jou privaat eiendom,en lyk my boewe is onder die indruk dat boere hope kontant en geld in hul kluise dra,ons leef ook toevallig in die nuwe era met internet en internet bankdienste,dae van om konant te dra het al jare terug verdwyn.Dan word jy versmoor en jou bene stukkend gesteek om ñ kluis oop te sluit wat byna niks in het nie.Hierdie land is walglik en ñ skande teenoor die res van die wêrled lande.

James ·

Waar is die 150 kommentare nou ? Seker omdat hier moord betrokke was en by die ander trauma en maar net onwettige eiendom oortreding.Sterkte aan Viv en die familie

sarie van heerden ·

Verlede week het ons vir dae en nuusberig na nuusberig moes hoor van 2 manne wat ‘n swarte vasgebind en in ‘n kis gesit het. Eerstens was sy hande en arms nie vasgebind nie want ons het op tv gesien hoe hy sy arms gebruik om te probeer uitkom. Tweedens weet almal dat boere nie toelaat dat vreemdes paaie oor hul veld loop nie want derdens, hulle HOORT nie daar as hul nie werkers van die boer is nie. Het die boere GEEN reg oor hul eiendom nie?

Daan ·

Mense wees paraat.Veiligheidshekke se slotte beteken niks,word oopgeforseer.Installeer 2 ekstra kwaliteitslotte aan bo en onderkant,of beter : 2 kettings wat om die kante gaan en binne vasgesluit word.Monteer hoekyster voor die deur se rand dat hulle nie ‘n koevoet of Crowbar kan inkry nie.Lang skuifslotte wat diep in die muur ingaan werk ook.Ook op jou buite deure.Kry pepperspray en Tazers wat jy in jou sak dra of op ‘n veilige plek wegsteek waar jy dit vinnig kan gryp.Selfde met jou pistool,klaar oorgehaal.In ‘n kluis help niks.Kry ook alarm sisteem met draagbare paniekknoppies.Dis tyd dat ons inisiatief neem in hierdie konflik.

Roomys ·

Iemand moet asseblief n kort handleiding of brosjure skryf met tegnieke om onsself te beveilig. Dankie vir die goeie raad hier, sal gaaf wees as dit als volledig opgesom word in so n gids.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.