Twee gevonnis wat afleweringsvragmotor kaap

Argieffoto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash)

Twee mans is vandeesweek gevonnis nadat hulle verlede jaar ’n afleweringsvragmotor in KwaZulu-Natal gekaap het.

Vumani Victor Gama (35) en Simphiwe Mjey Miya (27) is Donderdag in die Madadeni-streekhof in Newcastle gevonnis nadat hulle in April verlede jaar ’n afleweringsvragmotor gekaap het terwyl dit brood by ’n supermark in Eastborne afgelewer het.

Albei is ná die voorval in hegtenis geneem en van motorkaping aangekla.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, sê Gama is egter gedurende die inhegtenisneming in die besit van ’n vuurwapen en ammunisie betrap.

Gama is gevolglik 15 jaar tronkstraf opgelê vir motorkaping asook ’n verdere 15 jaar vir die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.

Miya is op sy beurt tot agt jaar tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die kaping.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Persheks Adri ·

Great 2 minder van die strate af nog baie moet gaan sit. Hoop daar is geen kans vir parool nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.