Twee gevonnis wat Kaapstad-polisieman vermoor

Anneslee David Camphor (links) en Mxolisi Rhulumente (Foto verskaf deur die Valke)

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het die swaar vonnis verwelkom wat twee beskuldigdes opgelê is vir die moord op ʼn polisiebeampte van Kaapstad.

Mxolisi Rhulumente (40) en Annesly David Campher (32) is elkeen 20 jaar tronkstraf opgelê vir die moord op sers. Xoliza Mlindwa (41) van die Gugulethu-misdaadvoorkomingseenheid.

Lt.kol. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, het gesê veiligheidsbeamptes het op 30 Junie 2014 op Mlindwa se liggaam in sy voertuig afgekom. Hy het verskeie skietwonde gehad. “Hulle het dadelik die plaaslike polisie ontbied. Beamptes het Mlindwa se persoonlike besittings op die toneel gevind, maar sy amptelike vuurwapen was weg.”

Die saak is na die ernstigegeorganiseerdemisdaad-eenheid verwys en op 5 Julie 2014 is ʼn lasbrief vir ʼn soektog uitgevoer toe inligting oor die verdagtes ontvang is.

“Tydens die soektog het beamptes beslag gelê op Mlindwa se vuurwapen en ammunisie en nog ʼn 9 mm-pistool. Drie persone is in hegtenis geneem en beskuldig van moord, gewapende roof en die besit van vuurwapens en ammunisie.”

Rhulumente en Campher is op 26 Mei 2020 in die Blue Downs-landdroshof skuldig bevind op al drie aanklagte. Alle aanklagte is teen die derde verdagte teruggetrek.

“Die twee is elkeen tot 20 jaar tronkstraf gevonnis vir moord, 10 jaar vir gewapende roof en vyf jaar vir die besit van ʼn vuurwapen en ammunisie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Hendrik ·

2014. Reeds 5jr opgesluit tot gevonnis. Oor 4 jaar kom hul uit op parool….reg? Dan gaan ons maar aan waar ons opgehou het…

Kisnet ·

Dis presies hoe die korrupte land van ons operate. En die gevangenisse het meer regte deesdae as Jan publiek.

Pierre ·

Was dit nou die Polisie wat hulle geskiet het, het daar seker weer ‘n paar standbeelde moes groet.

Sarel ·

Vonnis aaneenlopend uitdien so hulle sal nie eers die helfte van hulle vonnis uitdirn nie. Intussen moet sy familie sonder hom.klaar kom. Ek sien geen kommentaar van Cele af nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.