Twee gevonnis wat polisiebeamptes vermoor

Argieffoto: SAPD

Twee persone, wat beamptes van die eenheid van gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings beroof en vermoor het, is in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het gesê die voorval het in September 2015 in Braamfischerville, Soweto, plaasgevind.

“Ao Samuel Mchizama (54) en konst. Solly Maluleke (41) het in hul amptelike voertuig gery toe agt swaar gewapende mans, wat pas ʼn drankwinkel in Braamfischerville beroof het, hulle oorval het. Mchizama is op die toneel dood verklaar en Maluleke het met sy aankoms by die hospitaal aan sy beserings beswyk.”

Die Valke het vinnig reageer en een van die wegkomvoertuie op die N3 naby Heidelberg voorgekeer. “Twee verdagtes is tydens die gevolglike skietgeveg doodgeskiet. Beamptes het beslag gelê op twee R5-vuurwapens en ammunisie.”

Verdere ondersoek het gelei tot die inhegtenisneming van Mxolisi Mazibuko (30) in Meadowlands. Simphiwe Mswane (27), Sthembiso Vincent Khumalo (31) en Mzwakhe Thabethe (34) is ʼn week later in hegtenis geneem ná ʼn verdagte voertuig in Fordsburg, Johannesburg, opgemerk is. Beamptes het ook beslag gelê op ʼn vuurwapen wat positief met die roof en moord verbind kon word.

Thabethe en Mswane is later doodgeskiet tydens ʼn skietery met die polisie toe hulle uit aanhouding wou ontsnap. Mazibuko is weer in hegtenis geneem.

“Die oorblywende twee is skuldig bevind op twee aanklagte van moord en hulle is twee lewenslange vonnisse opgelê. Hulle is ook tot 15 jaar tronkstraf gevonnis op aanklag van roof met verswarende omstandighede, 15 jaar vir die roof van ʼn vuurwapen, 15 jaar vir die besit van ʼn outomatiese vuurwapen en drie jaar vir die onwettige besit van ammunisie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Kiewiet ·

Ek kom kuier volgende week by julle by julle huise om n glasie te klink.

christo ·

Die beamptes het onnodig vir hulle lewens geboet. Ek is egter baie bly oor die wat hulle eie ‘doodstraf’ bewerkstellig het terwyl die laaste twee lewenslank gekry het. Waarom het die twee nie ook maar op die polisie geskiet en totsiens gesê nie?
Dis jammer dat daar skelm en nalatige polisielede is wat R5 gewere uithuur vir misdaad of verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.