Twee gevonnis wat sigaret-afleweraars in vlaag rooftogte teiken

(Foto: pixabay)

Die streekhof in Oos-Londen het twee mans twaalf jaar tronk toe gestuur vir gewapende roof en ontvoering vir ʼn vlaag rooftogte waarin hulle spesifiek voertuie wat sigarette vervoer het, geteiken het.

Yanga Jenete (32) en Ntando Ntobongwana (30) was tussen April 2013 en April 2014 verantwoordelik vir altesaam ses gewapende rooftogte in die omgewing van Mdantsane en King William’s Town, het kapt. Anelisa Ngcakani, polisiewoordvoerder, gesê.

Die twee het afleweringsvoertuie van die sigaretvervaardiger British American Tobacco (BAT) geteiken wat op pad was om sigarette by spazawinkels af te laai.

“Die twee mans sou die bestuurder met ʼn vuurwapen dreig, hom agterin die BAT-bakkie toesluit en in ʼn wegkommotor met bokse vol sigarette vlug,” het Ngcakani gesê.

Hulle het tydens die vlaag rooftogte 48 kartondose met sigarette geroof.

Die Valke se eenheid vir georganiseerde misdaad het Jenete en Ntobongwana in Maart 2015 in Kaapstad in hegtenis geneem.

Jenete is 12 jaar tronkstraf vir elke roofklag opgelê. Die vonnisse word egter samelopend uitgedien. Sy vonnis van vyf jaar vir ontvoering word terselfdertyd uitgedien.

Ntobongwana is 60 jaar tronkstraf opgelê vir vyf aanklagte van gewapende roof en vyf jaar vir ontvoering. Dié vonnisse word ook gelyklopend uitgedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JV ·

Ek kan iets oorkom as ek die woord samelopend by gewelds misdade hoor. Hulle het nou inwerklikheid net 12 jaar en oor n paar jaar is die kriminele weer op straat.

Oom Jaco ·

Ntombogana is 60 jaar tronkstraf opgelê volgens die laaste paragraaf…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.