Twee gevonnis wat vroue as sekswerkers aanhou

Argieffoto

Twee mans is onderskeidelik effektief 12 en 18 jaar tronkstraf opgelê nadat hulle vroue aangehou en met geweld gedwing het om vir hulle as prostitute te werk.

Obioma Benjamin Abba (33) en Chinedu Justine Obasi (30) is Dinsdag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan twee aanklagte van mensehandel en oortredings van die Immigrasiewet.

Die twee is in September 2009 tydens ʼn multidissiplinêre klopjag op ʼn woonstelblok in Sunnyside naby Pretoria se middestad in hegtenis geneem, sê brig. Hangwani Mulaudzi, Valke-woordvoerder.

“Die twee vroulike slagoffers om wie die saak gewentel het, het agterna van hul verskriklike ervaring vertel waartydens die beskuldigdes hulle teen hul wil in ʼn woonstel aangehou het. Hulle het vertel dat hulle geslaan en tot ʼn lewe van dwelms en prostitusie gedwing is vir die beskuldigdes se geldelike gewin.”

Ná die optrede is die slagoffers in ʼn veilige plek geplaas. Mulaudzi sê hul getuienis was deurslaggewend in die skuldigbevinding.

Verdere ondersoek het aan die lig gebring dat Obasi in 2011 bedrieglik Suid-Afrikaanse burgerskap verkry het deur met ʼn plaaslike vrou te trou saam met wie hy nie gewoon het nie; die hof het hom dus skuldig bevind aan die oortreding van die Immigrasiewet, sê Mulaudzi.

“Ek wil die ondersoek- en vervolgingspanne gelukwens wat onvermoeid aan hierdie saak gewerk het,” sê lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die direktoraat van prioriteitsmisdaadondersoeke. “Ons hoop dié vonnis sal diegene afskrik wat betrokke is by mensehandel en die uitbuiting van kwesbare mense.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Niklaas ·

Die vanne Abba en Obasi klink soos mans uit Nigerië. Ek is nie verbaas nie. Daar is sekerlik ook dwelmhandel betrokke. Ek hoop nou net nie dat hul gedeporteer word soos daai Vietnamese wat renosters hier stroop en dan loskom nie.

tamboti ·

Whaoou, STOP DIE BUS NET HIER! Daar is niks en niemand om hiermee geluk te wens nie!!!!
Die SKULDIGES is nege jaar terug in hegtenis geneem vir misdade waar die getuies/klaers beskikbaar was en hul getuienis gebruik kon word. Verder blyk dit dat die SKULDIGES op daardie stadium ontwettig/net tydelik en beperk wettig in SA was, maar natuurlik is hul op borg vry gelaat en toegelaat om nog te trou met Suid-Afrikaner.
Nou nadat hoeveel belasting geld gemors is, wil jul nog trots wees op die skuldig bevinding? Watse misdrywe en gemors het hul intussen nie als aangevang nie?
WAT ‘n GRAP en SKANDE!

MS ·

Net so, Tambotie. 9 Jaar na die oortredings eers gevonnis? Daar is niks om oor trots te wees nie.

PJC ·

Dit lyk of die meeste van die Nigeriers onwettig in die land is maar niemand stel belang om iets omtrent dit te doen nie.

Mrs H ·

Die vrou met wie hy huweliks bedrog gepleeg het, is mos ook net so skuldig?!

Willie ·

Die Nigeriers regeer Sunnyside… Sunnyside se strate lyk soos Rommel verstooiding….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.