Twee gewapende rooftogte by Muldersdrift-kleinhoewes

Een van die rowers se voetspore wat (Foto: Verskaf)

Twee gewapende rooftogte het tussen Maandagaand en Dinsdagoggend op kleinhoewes in die Muldersdrift-omgewing in Gauteng plaasgevind. Die voorvalle het skaars 2 km uit mekaar plaasgevind.

Samantha Barale, woordvoerder van die Muldersdrift-polisie se gemeenskapspolisiëringsforum, sê met die eerste voorval het ses gewapende rowers Maandagaand omstreeks 19:45 op ʼn kleinhoewe in Sunsetweg in Nooitgedacht, Muldersdrift, toegeslaan. Hulle het die huis se deur oopforseer. Kapt. Mavela Masondo, woordvoerder van die polisie, sê die inwoners van die huis was besig om televisie te kyk toe die rowers die huis binnekom.

Barale en Masondo sê die rowers het vuurwapens op die inwoners gerig en hulle daarna vasgebind

. Hulle het selfone, ʼn kettingsaag, ʼn handradio en sowat R200 gebuit.

Die rowers het die perseel deur die draad betree (Foto: Verskaf)

Masondo sê geen skote is tydens die rooftog afgevuur nie en al die inwoners het ongedeerd van die voorval afgekom.

“Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van die skuldiges kan lei, kan die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 skakel,” sê Masondo.

Etlike ure ná die eerste voorval, het drie gewapende rowers ʼn bejaarde paar op ʼn kleinhoewe in Bokmakierie-weg, ook in die Nooitgedacht-omgewing in Muldersdrift, beroof. Die vrou het hul honde Dinsdag omstreeks 03:15 uitgelaat.

“Ons vermoed die vrou was al vir ʼn geruime tyd deur die rowers dopgehou, want hulle het geweet sy laat elke oggend om en by 03:00 die honde uit,” sê Barale.

Barale sê dit wil voorkom asof die elektriese heining deur iemand van binne die kleinhoewe afgeskakel is. Die rowers kon toe die heining knip en die perseel betree. Twee van die drie rowers was gewapen.

“Die vrou het haar honde uitgelaat en nie die deur gesluit nie. Dit is toe dat die rowers die huis binnegaan en haar beroof,” vertel Barale. Die rowers het glo elektroniese toerusting gesteel.

Barale sê die vrou is nie tydens die rooftog beseer nie, maar is erg getraumatiseer.

“Maak seker julle deure is ten alle tye gesluit. Wees paraat en wees op die uitkyk vir enigiemand wat verdag lyk,” waarsku Barale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Fedup ·

Great to hear these people were not attacked, although this kind of things will always be unacceptable. Where is the mad hatter?
His children runs a mock in this country.

Althes ·

Baie bly die mense is ongedeerd. Ek vertrou nie werkers nie, want baie keer word inligting deur hul bekend gemaak.

Juls ·

Dan maak ek maar eerder ‘n ou plassie skoon as om 3am alarms af te sit en honde uit te laat en bloot gestel te wees

Leon ·

Dieselfde rowers. Arrogansie. Ons kan nou al twee rowe in dieselfde omgewing pleeg. Volgende gaan hulle seker begin van huis tot huis gaan.

Jack ·

Ek is jammer vir die mense wat nie nuus lees of kyk nie. Julle bly nie meer in n land soos dit was in 1950 nie. Julle is nou teikens en die volgende aanslag kan jou dood kos. Vertrou ook nie jou plaaswerkers nie al is hulle al 100 jaar by jou. Hulle word gedreig en gee samewerking aan boewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.