Twee gewond ná hulle van polisie vlug

Foto: SAPD

Foto: SAPD

ʼn Verdagte wat deur die polisie gesoek is in verband met sake van verkragting en sakeroof is Saterdagaand tydens ʼn skietgeveg met die polisie gewond.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is reeds sedert Augustus verlede jaar op die 32-jarige verdagte se spoor. Die man word verbind met sake van verkragting en sakeroof in die Jane Furse-gebied naby Groblersdal in Limpopo.

“Die verdagte was saam met twee vriende in ʼn motor toe die polisie aangedui het dat hulle moet stilhou. Die bestuurder van die voertuig het egter probeer wegjaag en die polisie het op die motor geskiet. Die verdagte het veelvuldige skietwonde opgedoen en een van sy vriende is ook raakgeskiet,” het Mojapelo gesê.

Die twee beseerdes is na ʼn hospitaal geneem waar hulle tans aansterk. Die polisie het op die toneel op ʼn vuurwapen en die voertuig beslag gelê.

Die verdagte sal in die hof verskyn sodra hy uit die hospitaal ontslaan is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Grap ·

En as ek so na die foto kyk was die verdagte nogal dors òok????

KP ·

Irene, dit is skietgoed wat deur wetsgehoorsaamde burgers oorhandig is aan die Polisie om vernietig te word. Nou word dit verkoop en uitgedeel aan bendes om hierdie einste wetsgehoorsaamde burgers te beroof en te vermoor.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.