Twee glo deur buffel deurboor

Argieffoto (Buffel)  Foto: amandad, Pixabay

Argieffoto (Buffel) Foto: amandad, Pixabay

ʼn Noodreddingshelikopter is Donderdag na die iSimangaliso-vleilandpark, noord van St Lucia aan die KwaZulu-Natalse kus, ontbied om twee persone te red wat glo deur ʼn buffel deurboor is.

Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsie se nooddienste, het gesê hy beskik nog nie oor al die besonderhede nie, maar is in kennis gestel dat ʼn vrou en ʼn man aangeval is.

ʼn Woordvoerder van iSimangaliso het bevestig daar was ʼn voorval, maar hy kon ook nie besonderhede bekend maak nie. “Ons het ʼn oproep ontvang van iemand wat in die park gestap het. Ons mense is in die veld en die opvangs is sleg. Ek kan nie presies sê wat gebeur het nie.” Hy het gesê hy sal later verdere besonderhede beskikbaar maak. Hy kon ook nie bevestig of die persone wel deur ʼn buffel aangeval is nie.

Bron: Giordano Stolley, News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.