Twee glo doodgeskiet ná pa voor kinders vermoor word

Die toneel in KwaMashu waar twee verdagtes na bewering doodgeskiet is (1 Junie 2018). Foto: Twitter via @Abramjee

Polisiebeamptes is steeds op die toneel waar twee verdagtes, wat vermoedelik ʼn motoris tydens ʼn mislukte kaping doodgeskiet het, geskiet is.

Volgens inligting op sosiale media het ʼn skietery vanoggend tussen KwaZulu-Natalse polisiebeamptes en verdagtes by die KwaMashu Hostel, noord van Durban, ontstaan. Daar word beweer dat twee verdagtes tydens die skietgeveg doodgeskiet is, terwyl ʼn derde verdagte ontsnap het.

Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, kon nie onmiddellik hierdie inligting bevestig nie en het gesê polisiebeamptes is steeds op die toneel besig.

Daar word verneem dat die twee verdagtes wat glo doodgeskiet is, vermoedelik betrokke was by ʼn mislukte kaping Donderdag in Avoca waartydens ʼn man ten aanskoue van sy kinders doodgeskiet is.

Kelly Chetty, wat tydens ʼn mislukte kaping doodgeskiet is, en sy vrou. Foto: Twitter via @Abramjee

Volgens Gwala het die man omstreeks 15:40 in sy motor langs die pad van Mhlanganeweg in Avoca gesit omdat hy groente wou koop. Vier gewapende rowers in ʼn silwer Toyota Yaris het op die toneel stilgehou en hom oorrompel.

“Hulle het die sleutels van sy motor geëis, maar hy het geweier. Hulle het hom daarna in die bolyf geskiet. Hy is op die toneel deur paramedici dood verklaar,” het Gwala gesê. Die boosdoeners het van die toneel gevlug sonder om die man se motor te kaap.

Die toneel in KwaMashu waar twee verdagtes na bewering doodgeskiet is (1 Junie 2018). Foto: Twitter via @Abramjee

Volgens ʼn verklaring deur Crisis Medical, wie se paramedici op die toneel was, was die man se dogter en seun saam met hom in die voertuig toe die voorval gebeur het. “Die kinders is nie tydens die beproewing beseer nie, maar is erg getraumatiseerd,” lui die verklaring.

Yusuf Abramjee, ʼn teenmisdaad-aktivis, het die oorledene as Kelly Chetty geïdentifiseer.

Gwala het ʼn beroep op lede van die publiek gedoen om nie weerstand te bied wanneer hulle aangeval word of in ʼn rusie met kapers betrokke te raak nie. Sake van moord en poging tot kaping word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Kaptein ·

Absoluut fantastiese werk deur die polisie. Maak voorbeelde van hulle!

Eddy ·

Dit is altyd erg as iemand hulle lewe verloor maar dit het al begin voel of kriminele daarop staat maak dat niemand weerstand gan bied teen hulle nie.

Veritas ·

Eddy die probleem is dat slagoffers nie paraat genoeg is nie. Elkeen glo dat dit nie met hom/haar sal gebeur nie. Daarby word wyd geprogageer dat slagoffers hulle nie moet teësit nie. Kriminele weet dit en jubel hieroor. As ons almal voorbereid is op ‘n kaping en eerste begin skiet wanneer so’n situasie ontstaan, sal kapers twee keer begin dink. Die wet laat jou toe om te skiet wanneer jou of jou geliefdes se lewens in gevaar is. Dit is ook nie nodig om hulle te probeer skrik maak nie. Skiet eerste en skiet om te dood. As dit die uitgangspunt van die meeste wetsgehoorsame burgers is, sal voornemende kapers twee maal begin dink voordat hulle toeslaan. Ek staan eerder voor ‘n regter as langs die graf van ‘n geliefde.

Sw ·

Goeie werk SAPS! Sterkte aan die familie, my hart bloei vir jul.
Wat gaan onse regering doen aan die gemors waarin SA is?
Of gaan die kriminele belasting betaal in plek van vermoorde belastingbetalers? Afriforum bring dit asb onder hul aandag aangesien hul baie in rand en sent belangstel om siviele eise soos Life Esidemeni te betaal.

Snowball ·

Nog ‘n familie verwoes, nog getraumatiseerde kinders wat hierdie grusame dag nooit sal vergeet nie! So jammer vir hulle! En so lyk dit dag in en dag uit in SA.

Teenstand ·

JANEE die polisie se raad is MOENIE TERUGVEG NIe .. laat die skelms jou huis jou kar jou besittings, jou vrou jou kinders alles vat en gaan verniel . MOENIE teenstand bied nie .. dankie vir die inligting dit is WAARDEVOL.

Al ·

Jy kan uit noodweer optree. Moet net nie peuter aan moordtoneel nie, want dit maak dat jy minder geloofwaardig voorkom. Was op Carte Blanche verlede Sondag

Magaretha van heerden ·

Ons is in die UK en sien daagliks die chaos in Europa wat al erger word. Vandag word die migrants in France gehervestig in die baie mooi ryk gedeelte van Parys volgens RT nuus. Die strate en brue lyk woes, vuil. Wie wil regtig nog daar gaan vakansie hou. So dit is nie net in SA wat dit so sleg lyk nie. Die hele wereld is aan die verander en nie vir die beste nie. Interessant as jy kyk sien jy net jong swart mans en nie vroue of kinders nie. Hulle is ook nie vanaf Sirie nie.

Kommie ·

Ja die infiltrasie is BAIE SUBTIEL, so subtiel dat die regerings van die dag dit nie eers agterkom nie en as hulle walgooi daarteen is hulle rassisties .. Kyk maar oral in Europa waar standpunt teen die “vlugtelinge” ingeneem word . Jy mag Christendom kritiseer en aanval, net nie Islam geloof nie, jy mag wittes aanval en kritiseer en rassiste noem net nie ‘black lives matter nie’ . so verval die wereld tot iets wat later geen waarde of standaarde meer het nie .. gesiglose, geslaglose, kleurlose mense wat almal gedwing word om in een rigting te gaan …

Michelle ·

Dis wat die liberale aanvanklik wou gehad het, verslapping van alle reëls en hanteer almal met handskoene, en laat alles toe. Geen grense, geen opinies, geen oordeel, alles grys. Nou word die landskap ook grys. Totdat niks oor is om te probeer vat. En dan eendag as ons opstaan is dit te laat om iets te kan verander.
Die gedrag gaan ongelukkig eers erger word, voor dit dalk kan verbeter.

Andrea ·

Ek is so jammer vir die man met ruggraat wat nie net wou toegee en oorgee nie. Baie jammer, meneer, dat jy moes sterf. Sterkte aan die gesin.

Amelia ·

As al die belastingbetalers uitgemoor is, wonder ek waar gaan die regering dan geld vandaan kry? Net iets waaroor ek wonder…….. Maar daaraan het die sotte nog nie gedink nie.

Oom Kalahari ·

Nog ‘n sinnelose daad en nog ‘n familie wat in hartseer en bedroefdheid gedompel word.
Daardie kindertjies moes sulke geweld aanskou en hoe hul Pa wat die beskermer is, voor hul vermoor word. Daardie beeld sal lewenslank voor hierdie kindertjies afspeel.
Daar is geen meer optredes teen hierdie tipe van dade om dit hok te slaan nie, maar van ‘n Pres tot Ministers waar almal net oor vertrapping en verdrukkings politiek bekommerd is, maar misdaad is tweede in die ry en ok.
Mev Chetty, dit is opreg hartseer dat hierdie regering jul as familie gefaal het. Alle medelye en simpatie met jul groot verlies en bid jul alle sterkte toe. Om so trauma te verwerk is hartverskeurend en hoop die kinders sal hierdie Sielkundige terugslag met tyd kan oorbrug.

Nikita ·

Weet nie hoe kan moordenaars met hulle gewetens saam leef nie. My hart gaan uit aan hierdie onskuldige mensies. Om die stukke nou weer op te tel en aan te gaan asof niks gebeur het nie…hoe doen n mens dit.

Nikita ·

En hulle kom meeste van die tyd nie net een of twee nie…nee meestal in n groep…. soos een plaasboer eendag gese het net soos klomp hyenas! Sterkte aan daardie arme kinders en hulle moeder. Mag God julle toevou in Sy liefde en vertroos.

Se net ·

Hy het nie die sleutels gegee nie omdat hy sy kinders beskerm het. ‘n 9 jarige meisie is nou pas deur kapers vermoor. Gister hier in Pietermaritzburg het onskuldige mense hulle lewe verloor oor geldgierigheid en haat. Niks te doen met vel kleur nie mense alles te doen met die kondisie van jou hart. Die pa het gedoen wat enige goeie ouer sou doen. Sy lewe gegee vir sy kinders. Hier in Natal is geweld so alledaags dat on ls konstant met ons kinders moet gesels oor die verskil tussend die feite en die storie. Om mekaar te haat en sleg te se gaan nie dinge beter maak nie. Skelms en moordenaars hoort in die tronk. Goeie leierskap is nodig en ons harte moet teenoor mekaar versag. Se net…

Nikita ·

Se net…stem saam ja ons ja ons harte moet versag maar eers nadat mense mekaar vergewe…sonder vergifnis sal die nagmerries net aanhou. En vergifnis volg ook net na belydenis. Daarom moet ons aanhou bid dat ons hemelse Vader sal ingryp. Hy alleen ken die toekoms. Veilig wees almal.

Stoffel ·

Dis soos ‘Cowboys en Kroeks’. Maar hier te lande word die cowboys vasgebind, die kroeks het al die Winchesters en die sheriffs is die grootste kroeks van almal.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.