Twee gou vas ná Humansdorp-ma se moord

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans is in hegtenis geneem in verband met die moord op die Roseline Bosman (45) nadat haar liggaam Saterdag in haar huis in Humansdorp in die Oos-Kaap gevind is.

“ʼn 26-jarige man en ʼn 49-jarige man van Hankey is in hegtenis geneem danksy knap speurwerk,” het ao Basil Seekoei, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Bosman se kinders het Saterdag op hul ma se liggaam afgekom in haar huis in Booysestraat, Arcadia. Sy het op haar bed gelê.

“Leidrade het die beamptes na Hankey gelei waar die 26-jarige man in hegtenis geneem is,” het Seekoei bygevoeg. “Hy het van die oorledene se besittings by hom gehad.” Nadat hy ondervra is, is die tweede verdagte Maandagoggend vroeg ook in Hankey in hegtenis geneem.

“Die motief vir die moord is nog onbekend. Nog inhegtenisnemings kan moontlik volg,” het hy bygevoeg.

Die name van die verdagtes sal bekend gemaak word sodra hulle in die Humansdorp-landdroshof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

johan ·

Knap werk manne, hoekom kan dit nie altyd so wees nie, veral met plaasmoorde.

Theresa ·

Al hierdie (sinnelose) moored, is of van heeltemal gek te word…………………….
Dit is elke dag en word net meer en meer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.