Twee gr. 7-leerders verdrink

Tweede Strand. Foto: www.safarinow.com

Die departement van onderwys in die Oos-Kaap het gesê twee gr. 7-leerders het in die see by Port St. Johns se Tweede Strand verdrink.

Mlungisi Mvoko, LUR vir onderwys in die provinsie, het gesê die twee leerders het Dinsdag verdrink terwyl hulle tydens ʼn skooluitstappie op die strand was. “Die twee leerders se liggame is nog nie deur polisieduikers gevind nie.”

Volgens Mvoko is nog twee leerders na die Mthatha-hospitaal geneem. Mvoko het nie bekend gemaak wat met hulle gebeur het nie, maar hulle het vermoedelik ook in die moeilikheid beland in die see.

Die distriksdirekteur en ander afgevaardigdes van die departement het die twee kinders wat vermoedelik verdrink het se ouerhuise gister besoek.

Volgens Mvoko sal die departement vandag ondersoekers na die skool stuur. “Die inligting wat ons in dié stadium het, is nog baie skraps. Die departement sal ná sy ondersoek in ʼn beter posisie wees om meer inligting bekend te maak.”

Die LUR en superintendent-generaal van die departement het hul medelye met die leerders se families betuig.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wildekus ·

So tragies… Die see is bitter gevaarlik aan die Wildekus en daar is selde lewensredders beskikbaar. Nie ‘n veilige opsie vir ‘n skooluitstappie nie. :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.