Twee hoërskoolleerders sterf saam tydens uitstappie

Argieffoto

Twee hoërskoolleerders van Oos-Londen in die Oos-Kaap het Saterdagaand in die see verdrink nadat hulle glo in ʼn sterk gety en hoogwaters vasgevang geraak het.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het dié nuus Sondag bevestig.

Geoff McGregor, die NSRI se bevelvoerder in Oos-Londen, sê die voorval het glo by Eastern Beach plaasgevind.

McGregor sê spesialisduikers van die NSRI, die polisieduikers en die polisie se soek-en-reddingspanne het op die toneel by die NSRI aangesluit.

“By aankoms op die toneel het ons ʼn groot groep van meer as 200 kinders en minstens 19 onderwysers en versorgers van ʼn seun- en meisieskool op die toneel aangetref,” sê McGregor. “Twee tieners, ʼn seun en ʼn meisie, is reeds uit die water gehaal en nooddiensspanne het kardiopulmonêre resussitasie begin toepas. Paramedici kon die tieners egter nie bybring nie en hulle is op die toneel dood verklaar.”

ʼn Voorlopige ondersoek het vasgestel dat leerders ná ʼn sportdag van rugby, sokker en netbal op die strand gaan uitspan het.

“Onderwysers en versorgers het die leerders probeer verhoed om die water binne te gaan, maar sommige van die leerders het steeds in die see ingegaan,” sê hy.

ʼn Ondersoek na die voorval is van stapel gestuur.

Intussen is strande in Oos-Londen vroeër dié dag gesluit ná ʼn voorval by Nahoon Beach waar ʼn branderplankryer tydens ʼn junior branderplankrygeleentheid van sy branderplank afgestamp en deur ʼn haai gebyt is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Elvira ·

My hart sooo seer dat hierdie jongmense dit moes oorkom. Ris on vrede en sterkte aan die families en leerlinge en onderwysers.

Gevolge ·

D P J; is jy regtig so gevoelloos? Families/vriende het geliefdes verloor; ‘n dogter, ‘n seun, ‘n suster, ‘n broer, ‘n kleindogter, ‘n kleinseun, ‘n vriendin, ‘n vriend – en dit die dag voor moedersdag.
My innige simpatie aan die twee jongmense se familie en vriende. Mag jul vertroosting vind.

Wonder ·

Woorde bly maar ontbreek in die omstandighede. Sterte aan die familie, vriende en die skool.

Kerrie ·

Al hoekom mense hierdie tipe ongelukkig kritiseer is OMDAT KINDERS NIE MEER LUISTER NIE. Daar word duidelik gese die onderwyseres het hulle UIT DIE WATER probeer hou maar hulle het teen hulle wil en teen hulle instruksie steeds in die water ingegaan. WAT verstaan julle nie? NET soveel simpatie as wat ek met die OUERS van die kinders het, kan die rampe NET voorkom word as KINDERS weer dissipline terugkry om respek vir gesag te he . dit is vir hulle eie beswil.

Koos ·

Ek stem n 100% met jou saam. Ek wil nie n debat begin nie, maar ek voel net dat jy nie vir n kind n suigstokkie wys en gee , maar hy mag hom nie eet nie. Hoe neem jy 200 kinders strand toe en verwag hulle gaan nie in die water nie? Dis n baie groot tragedie en my hart bloei vir die families wat met die ongelooflike seer moet saamleef. Dis my persoonlike opinie.

Hannelie ·

Ai dis so verskriklik hartseer. Baie sterkte aan hul families van die twee kinders mag jul vertroosting ontvang.

Waarheid ·

Daar is so ding soos roete bepaling waarvoor toestemming gegee moet word en daar moet volgens gehandel word. Daar is afgewyk daarvan so, jammer vir die geliefdes.

Nettie ·

As die leerders GELUISTER het na hul onderwysers en versorgers, soos ons destyds na óns onderwysers/esse geluister het (en as jy nie geluister het nie, is jy gefoeter), sou die tragedie nie plaasgevind het nie.

Dit is die hele probleem met ‘kinders’ van onder 18 van vandag – hulle is heeltemal te bewus van hul regte en het (ek veralgemeen nou) nie respek vir hul ouers en onderwysers/versorgers nie. “Spaar die roede, bederf die kind” het die oumense altyd gesê.

Ons is gefoeter as ons stout of ongehoorsaam was aan ons ouers of opvoeders – en dit het my met ‘n verskríklike ‘wanaanpassing’ gelaat in my volwasse lewe: respek vir ander.

Ek het werklik simpatie met die ouers, vriende en familie van die kinders wat verdrink het. MAAR: as daardie kinders na die opvoeders/versorgers GELUISTER het en nie in die water ingegaan het nie, sou hulle nie verdrink het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.