Twee hoërskoolseuns sterf tragies

Raymond Olivier en Cornel Bekker

’n Visvanguitstappie het tragies geëindig vir twee matriekleerders aan die Hoërskool Monument in Krugersdorp.

Raymond Olivier en Cornel Bekker, albei 18 jaar oud, is Woensdag dood nadat ʼn gasverwarmer in hul tent vermoedelik gelek het of ʼn tekort aan suurstof veroorsaak het.

Constance Strydom, bemarkingsbestuurder van die Hoërskool Monument, het aan Maroela Media gesê die twee matriekseuns het Dinsdag by ’n kampeer- en visvangplek buite Krugersdorp aangekom. “Volgens die inligting wat ons het, het hulle deur die nag visgevang. Hulle het toe glo 05:00 Woensdagoggend in hul tent gaan slaap en die gasverwarmer aangesit aangesien dit baie koud was.”

Volgens Strydom het ’n werker omstreeks 16:00 snaakse geluide uit die tent gehoor en ’n bestuurder in kennis gestel. “Met die bestuurder se aankoms by die tent was een van die seuns reeds dood. Daar is onmiddellik met noodbehandeling op die ander seun begin, maar hy is kort daarna dood verklaar.”

Strydom het gesê ’n roudiens sal vir die twee leerders gehou word nadat die skool volgende week heropen het. “Cornel en Raymond sal onthou word vir die dierbare en geliefde seuns wat hulle was. Hul afsterwe los ’n leemte in ons hart, maar ons is ook dankbaar dat ons die voorreg gehad het om hulle te kon leer ken.”

Die skool het hul innige simpatie betuig met die seuns se ouers, familie en vriende. Bekker het op die skool se matriekraad gedien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Tersia Denyschen ·

Innige meegevoel aan die families en vriende. RIV Raymond en Cornel.

Dirkie ·

Dus ongelooflik hartseer. Baie sterkte aan die ouers en families.

Lee ·

Dis verskriklik. Sterkte aan die ouers en familie van die twee seuns.

broos ·

ag nooit!! dis so verskriklik hartseer :-( sterkte aan hulle ouers, families en vriende

Sue ·

Baie jammer met die groot verlies. Mag julle krag ontvang in die hartseertyd,

DS ·

My hart bloei vir hierdie twee pragtige seuns se familie. Here hou hulle asseblief styf vas en vertroos hulle in die verskriklike moeilike tyd wat voorle. Ek weet hoe moeilik dit is het my liefling seun op 19 aan die dood afgestaan.

What a joke! ·

Ag nee man…. Ai sterkte aan die familie en vriende…

Liza101 ·

Ongelooflik hartseer, ek het self ‘n matriekulant in die huis…. Ek sal vir die geliefdes wat agterbly bid… Rus in vrede.

Ria van Aswegen ·

Ons harte is gebreek. My seuns was daagliks saam julle by Monnas, en dit is n groot verlies. Ons harte is gebreek. Julle families is in ons gebede. Die Hemel juig! Daar het twee mooi Engele aangekom!

Rachel ·

Sterkte aan alby families en vriende. Mag God jul die vertroosing gee en die seer weg vat.

Ai ·

Dit is so ontsettend tragies! My seun en sy maats van ongeveer daardie ouderdom gaan ook gereeld visvang. My simpatie aan die ouers. Ek kry julle so jammer.

Wj ·

Wat verstaan ek hier nie lekker nie. As die 2 dan al oorlede was teen 16H00 ……..watse geluide kan daar dan tog uit n tent kom wat geen beweging meer het nie. Dis vreemd.

Charmaine ·

Die een seun het nog geleef,en dalk roggelend asem gehaal..dus waar die geluid dalk van kom.

Benissa ·

Ag tog …. lees asb net die artikel weer. Hierdie keer stadig en deeglik, hopelik verstaan jy dan. Rerig ?

Connie ·

Innige meegevoel aan die families van die 2 seuns. Ons ken veral vir Raymond van ‘n baie jong ouderdom en is gekok met dit wat gebeur het maar wees gerus met die wete dat hulle by God is en mag Hy vir julle die seer wegvat.

treurgrond ·

Dit is so so soooooooooooooooooooooo hartseer. My hart bloei vir die ouers en die mense wat hulle geken het. Ek ken hulle nie maar ek kyk net na hulle gesigte. Matriek leerders met ‘n droom vir hulle toekoms. My innige simpatie.

Lea ·

Vreeslik baie jammer, sterkte aan hul families,so tragies:(((

Dovaz ·

Inige meegevoel! Sterkte die ouers! Mag God vertroosting gee!

Hartseer ·

Ag dis vreeslik!! My dogter ook saam met hulle van laerskool af se hart is gebreek!! Baie, baie sterkte aan die ouers!!

Weet en verstaan ·

Alle sterkte aan julle. Ons is deur dieselfde toe ons seun in matriek was – oorlede saam met ‘n maat (ook in matriek) my hart bloei vir julle

Madeleine Dippenaar ·

Monnas is my Alma mater. So jammer om te hoor van die afsterwe van 2 prag seuns. Ek as oud Monna wil hiermee my meegevoel namens ons almal betuig aan die familie en die skool

Toy ·

Ag dis verskriklik hartseer. Mag die Here die familie krag gee deur hierdie hartseer tyd.

Sannie ·

Dis nogsteeds so onwerklik! My innige simpatie gaan met Nana, Pieter, Tertius en Ma Fransie asook aan Cornel se ouers en familie. Rus in vrede Raymond en Cornel.

pieter geldenhuys ·

Ek sê innige simpatie aan die ouers en familie met die afsterwe van hierdie twee jong seuns. Ek het Francis Olivier geken ons het vir dieselfde maatskappy gewerk tot met my aftrede. Bid vir sterkte vir die families in hierdie tyd van beproewing. ?

Maria ·

In sulke tye wil mens nie jammer sênie want die woorde is hol….. mens reageer op niks want jou gedagtes is ver en jy is seer kwaad en soek antwoorde. Ek kan maar net vir albei ouers en familie sê ek dink aan julle. Ken nie julle seer nie want elkeen se seer is anderste. Weet net Jesus is hulle herder.

MissDemeanor ·

Dis tragies! Daar behoort waarskuwings op gasbottels en gasverwarmers te wees wat mense waarsku om dit nie in klein afgeslote ruimtes soos n tent te gebruik nie. Indien daae geen waarskuwing op die toestel was nie hoop ek die ouers oorweeg regsstappe teen die maatskappy sodat ander mense nie dieselfde tragedie moet beleef nie!

Sputnik ·

MissDemeanor daar is spesifiek sulke waarskuwings op gasverwarmers. My innige simpatie met die naasbestaandes.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.