Twee in hof oor Kaapstad-ma se moord

Die foto's van Rosemary Theron wat op die Missing Children SA-plakkaat gebruik is toe sy as vermis aangemeld is

Die foto’s van Rosemary Theron wat op die Missing Children SA-plakkaat gebruik is toe sy as vermis aangemeld is

Twee mans wat van die moord op die Kaapse vermaaklikheidskunstenaar, Rosemary Theron beskuldig word, het Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof verskyn.

Kyle Maspero (18) en Godfrey Scheepers (20) se hofsaak sal op 9 Junie begin, het staatsaanklaer Susan Galloway gesê. Sy sê Maspero beplan om skuldig te pleit, maar die staat het ʼn probleem met die feitelike basis van sy pleitooreenkoms. Dit beteken dat die staat moontlik sy pleitverduideliking kan verwerp en hy tereg sal staan op aanklag van moord.

Die hof sal steeds toelating hê tot sy bekentenis en dit sal moontlik die lengte van die hofsaak aansienlik verkort.

Al twee mans is vrygelaat op borgtog.

Theron se 19-jarige dogter, Phoenix RacingCloud, het vroeër vandeesmaand ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Sy het glo erken dat sy Maspero, haar kêrel, gehelp het om haar 39-jarige ma op 7 Maart by haar huis in Vishoek te vermoor. Theron is met ʼn tou verwurg. Klik hier om meer te lees.

Scheepers, wat ook van moord aangekla word, het glo die twee gehelp om die liggaam te skuif en in ʼn vlak graf te begrawe.

Theron was ʼn bekende in Kaapstad se kunskringe en was ʼn professionele hanswors en modelmaker. Sy het ook op stelte geloop. Sy het in 2011 ʼn volgrootte perd vir die Kaapstadse karnaval gemaak. -SAPA

Lees ook:
Dogter gevonnis vir moord op ma

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.