Twee hofordonnanse in Pta-hof geskiet

Foto: @GrootFM op Twitter.

Foto: @GrootFM op Twitter.

Die polisie het bevestig dat twee hofordonnanse in die Pretoriase landdroshof geskiet is.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het aan Sapa gesê dat die een polisiebeampte in ‘n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal vervoer is nadat hy in die kop geskiet is.

“Die ander beampte is in ‘n stabiele toestand. Hy het ‘n wond aan sy rug opgedoen nadat hy skrams getref is.”

Volgens die polisie is die beamptes geskiet deur beskuldigdes wat op pad was om in die hof te verskyn.

Die verdagtes het gevlug en glo ‘n motor buite die hof gekaap. Die wegkommotor is intussen in Atteridgeville, wes van Pretoria, gevind.

Die polisie en paramedici is op die toneel.

Meer besonderhede volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Nick ·

Wonder waar die verdagtes die wapens gekry het? Was hul reeds in polisie aanhouding voor die voorval gebeur het? Waarvan was die beskuldigdes aangekla?

pieter ·

Tragies ! Hoekom is hulle nie deur gegaan vir wapens of gevaarlike voorwerpe nie? Van bewakers is skildig en moet gearesstreer word want hul het nie hul werk gedoen nie en is aandadig aan poging tot moord. As hulle hul werk gedoen het was daar nie n voorval nie. Paniek sal los bars by howe as daar nie opgetree word nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.