Twee howe se vensters in ʼn week uitgeslaan

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Jake Noren/Unsplash)

Die vensters van die Konstitusionele Hof en ʼn landdroshof is verlede week in twee afsonderlike voorvalle in onderskeidelik Johannesburg en Vryburg uitgeslaan, skynbaar sonder die minste rede.

Henry Mamothame, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in Noordwes, sê Sibongile Dube (35) is Sondag betrap terwyl hy die vensters van die Vryburg-landdroshof stukkend geslaan het.

“ʼn Veiligheidswag het na bewering gehoor hoe vensters breek toe hy sien hoe Dube van die toneel af vlug,” sê Mamothame.

“Die wag het Dube agternagesit, hom gevang en die polisie ontbied. Hy is in hegtenis geneem op aanklag van opsetlike beskadiging van eiendom.”

Dube het Maandag in die einste hof verskyn wat hy na bewering beskadig het. Sy saak is tot 17 Januarie uitgestel wanneer hy vir borgtog aansoek kan doen.

Dié beweerde boosdoener sal tot sy volgende hofverskyning in polisieaanhouding bly. Intussen ondersoek die polisie die motief vir die misdaad.

Dube se inhegtenisneming volg dae nadat ʼn 36-jarige man, Paul Makaula, die vensters van die Konstitusionele Hof‑gebou in Johannesburg uitgeslaan het.

Phindi Mjonondwane, woordvoerder van die NVG in Gauteng, sê polisie is na die hof ontbied ná oproepe dat ʼn man die hof se vensters met ʼn hamer bykom. Makaula was glo besig om die hof se infrastruktuur te beskadig toe die polisie hom betrap het.

Makaula het Vrydag in die Hillbrow-landdroshof verskyn vir die opsetlike beskadiging van eiendom. Sy saak is tot 25 Maart uitgestel.

Mjonondwane sê dit het intussen aan die lig gekom dat Makaula tans op parool uit is. Hy is in 2010 aan moord skuldig bevind.

Hierdie inligting sal aan die departement van korrektiewedienste gestuur word vir verdere verwerking en sal ook in ag geneem word by Makaula se volgende hofverskyning.

“Die NVG beskou hierdie aanval op ʼn nasionale sleutelpunt as ʼn direkte aanval op die oppergesag van die reg,” sê sy.

“Die NVG sal enigiemand vervolg wat ʼn bedreiging vir enige instelling inhou wat ons land se demokratiese bedeling simboliseer.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Kokerboom ·

Laat die kriminele skepsels gratis gemeenskapswerk nl skoonmaak en opruimingswerk doen

Marius ·

Dit is seker nou weer die nuutste tendens. Hul is besig om die regering waarvoor hul so ywerig stem verder te vernietig.

Jr ·

2022 sal BESLIS NIE ‘n beter jaar wees in SA. Die streke gaan net aanhou., soos dit gedoen het van 1994

Jaco ·

Vreemd dat al dié aanvalle op staatsgeboue deur die ANC se eie ras/ramaphosa se our people gedoen word. Mens sou verwag dat dit gedoen sou word deur “wit rassiste” van “die rassistiese DA” wat teen “transformasie” en demokrasie is. Al wat ek kan dink is dat die oë van die ANC se rasgenote 28 jaar na apartheid stadig begin oopgaan en hulle vies is dat daar nog steeds plakkerskampe en reusagtige werkloosheid is.

Deon ·

Wie sien ook n tendens hier? Subtiel maar duidelik, staats geboue wat verband hou met die regering en wet en orde.

Janee ·

Ag tog!….wie gaan omgee…dan werk ons maar so met gebreekte vensters en al. Niks sal sekerlik herstel word….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.