Twee mans is Maandag oënskynlik koelbloedig in ’n bakkie in die sakesentrum van Pietermaritzburg doodgeskiet.
Die mans het kort ná 11:00 in ’n Volkswagen Amarok op die hoek van Boshoff- en Burgerstraat gesit toe hulle deur onbekende verdagtes aangeval is.
Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, sê albei slagoffers is in die bolyf geskiet voordat die verdagtes in ’n wegkommotor gevlug het.
Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê die mans het albei verskeie skietwonde in die voorval opgedoen. Hulle het met paramedici se aankoms op die toneel geen tekens van lewe getoon nie en is dood verklaar.
Volgens Herbst het omstanders op die toneel beweer dat die voorval met die taxibedryf verband hou.
Die omstandighede rakende die voorval is egter nog nie duidelik nie en die toneel is vanoggend deur die polisie afgesper vir ondersoekdoeleindes.
Mbele sê die polisie ondersoek twee aanklagte van moord.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
7 Kommentare
Wilde Weste hier in banana Republic.
Die taxi mafia is groter as wat ons besef en baie polisie lede het `n vinger in die pie
Koeëlvaste glas behoort ‘n opsie op bykomstighede te wees op voertuie in SA.
Regte Tshwane die Pretoria van ons… Verrot tot op die grond… Pretoria was genoem as die 3de gevaarlikste stad in die wereld? Sommer trots ANC en DA?
Genis, die skietery het in Pietermaritzburg plaasgevind, nie in Pretoria nie.