Twee in Boksburg doodgeskiet

misdaad-polisie-crime-scene-kent-williamson-5

Argieffoto: Kent Williamson

ʼn Pa en sy dogter is Vrydagoggend in Boksburg aan die Oos-Rand doodgeskiet.

Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê die voorval het omstreeks 06:50 in Reigerpark plaasgevind.

“ʼn Man, vermoedelik in sy 60’s, en sy dogter, in haar 30’s, is by ʼn huis in die omgewing noodlottig gewond. Hulle is op die toneel dood verklaar,” het Dollman gesê.

Sers. Mashudu Phathela, woordvoerder van die Reigerpark-polisie, het die voorval aan Boksburg Advertiser bevestig.

Hy het gesê die voorval hou vermoedelik verband met ʼn saak van huishoudelike geweld. “Die vrou se kêrel het glo albei oorledenes in die kop geskiet, waarna hy van die toneel gevlug het.”

ʼn Soektog na die skieter is van stapel gestuur.

Die polisie ondersoek twee sake van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Cherokee ·

Die vrou se kêrel of haar dogter se kêrel? Julle lief blokraaisels nè! Die lesers nie.

Phillip ·

Dagsê Cherokee

Daar is net een vrou wat geskiet is en dit is die dogter.

Groete

Phillip Bruwer, nms. Maroela Media

Ja ·

Die man het sy vriendin en haar pa geskiet…. Wat maroela ook nie berig het nie as dat die paar kinders het… Hulle was gelukkig nie daar toe die man die vrou en haar pa geskiet het nie, ek weet dit want my vriendin bly n blok van hul af..n

Cherokee ·

Dankie Phillip. Verskoon tog die vraag maar dit is die manier waarop die vraag opgeduik het omdat sy dogter genoem word en daarna vrou. Natuurlik is meer mense betrokke as die mense wa geskiet is. Dankie dat jy dit opklaar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.