Twee in Centurion doodgeskiet

Foto: ER24

Twee mans is Vrydagmiddag by ʼn taxi-staanplek in Centurion doodgeskiet.

Werner Vermaak, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het teen 17:40 by die toneel naby Suidstraat aangekom. Daar het hulle twee mans aangetref wat albei veelvuldige skietwonde opgedoen het.

“Die mans het geen tekens van lewe getoon nie. Daar was niks wat paramedici vir hulle kon doen nie en hulle is op die toneel dood verklaar,” het Vermaak gesê. “Omstanders het verduidelik hulle het verskeie skote gehoor en net gesien hoe die twee mans op die grond val.”

Vermaak kon nie meer inligting oor die omstandighede rondom die voorval verskaf nie. Maroela Media wag op meer inligting van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Boetman ·

Hmmm, laat my dink Lientjie.
Waar was jy op Vrydag 24 November tussen 17h00 en 18h00? Hmmm?

Leahim ·

Wanneer laas was daar n klopjag gedoen op die taxi staan plek ,waneer laas n padblokade saam met die metro om te kyk of die voertuie padwaardig is?? ….nou gaan hulle weer ondersoek lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.