Twee in fratsongelukke beseer

Die helfte van die man se voet is deur die grassnyer geamputeer (Foto verskaf)

Twee mans is Dinsdag in fratsongelukke in Durban in KwaZulu-Natal beseer.

ʼn 30-jarige man het Dinsdagoggend in Briardene in die noorde van Durban sowat 12 meter ver geval en kop eerste die betonvloer getref.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, sê paramedici is omstreeks 11:15 na die toneel ontbied. Die man het nuwe dakplate geïnstalleer toe ʼn hegstuk tussen twee plate meegegee het.

“Die man het ʼn beskermingsharnas aangehad, maar die lyn was nie onder spanning toe hy geval het nie. Hy het veelvoudige beserings opgedoen en is op die toneel gestabiliseer.”

Hy is na ʼn hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Netcare 911 is daarna omstreeks 12:30 na ʼn sakeperseel in Bothas Hill in die weste van Durban ontbied. “ʼn Man was besig om gras te sny toe die grassnyer oor sy regtervoet gery het,” het Herbst bygevoeg.

Sy voet is gedeeltelik geamputeer en hy is ernstig beseer. Hy is op die toneel gestabiliseer en daarna met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir dringende behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Anthony ·

Hoe ry jy oor jou eie voet met n grassnyer? Jy loop mos agter die ding nie langs hom nie of hoe?

Mieke ·

Maar presies!! Dit was dit ‘n ongeluk! ‘n Ongeluk gebeur binne ‘n fraksie van ‘n sekonde!

Eclectus ·

Grassnyers is daarop uit om wraaksugtig te wees. In 1993 ry ek met my motorfiets om onderdele vir my grassnyer te gaan kry. Oppad huistoe is ek toe in ‘n kop-aan-kop met ‘n bakkie. Ek land toe in die hospitaal op langs ‘n man wat daardie selfde middag sy hand onder die grassnyer ingedruk en sy vingers verkort het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.