Twee in Germiston doodgeskiet

Foto: ER24

Twee mans, albei in hul 30’s, is Woensdagoggend in Germiston doodgeskiet.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê paramedici het omstreeks 6:40 op die toneel in Presidentstraat aangekom. ʼn Motor was halfpad op die sypaadjie en ʼn man is in die motor gevind terwyl nog ʼn man sowat 500 m op in die straat aangetref is.

“Paramedici het albei mans ondersoek en gevind die man wat in die pad gelê het, is in die kop geskiet terwyl die man in die motor verskeie kere geskiet is.”

Albei mans is op die toneel dood verklaar. Die presiese omstandighede rondom die voorval is nog nie duidelik nie en word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.