Twee in grot vasgekeer

Argieffoto ter illustrasie

Argieffoto ter illustrasie

Twee mans het geringe beserings opgedoen nadat hulle Donderdag in ʼn klein grot op ʼn plaas in Krugersdorp in Gauteng vasgesit het.

“Paramedici is ontbied ná ʼn klein rotsstorting plaasgevind en die twee mans beseer is,” het Russel Meiring, woordvoerder van ER24, gesê. “Paramedici en personeel op die toneel moes eers die klippe met hul hande voor die ingang na die grot verwyder om toegang te bekom.”

Paramedici kon ná 30 minute die grot betree.

“Een man wat matige beserings aan sy bors opgedoen het, is op die toneel gestabiliseer. Die tweede man is ondersoek en behandel,” het Meiring bygevoeg. Al twee is na die Krugersdorp-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die plaas is in Van Riebeeckweg geleë.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.