Twee in hof ná aanval op pa, gestremde dogter

Argieffoto

Argieffoto

Twee mans het Maandag in die Scottburgh-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn in verband met die aanval op ʼn 91-jarige man en sy 53-jarige gestremde dogter.

Kol. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê Sbusiso Sbu Chiliza (34) het op aanklagte van huisroof, verkragting en diefstal verskyn terwyl Khohlansane Sphamandla Duma (29) op aanklag van huisroof verskyn het. Die saak is tot 6 Mei uitgestel en hulle bly in aanhouding.

Volgens Naicker is die man en sy dogter, ʼn parapleeg, Dinsdagaand in hul huis in Park Rynie naby Scottburgh aangeval. Die pa het glo glas hoor breek en ondersoek gaan instel waarna hy in die gang deur twee mans oorval is. Hulle het hom aangerand en geld geëis. Een van die verdagtes het die bejaarde man gevat en die kamers deursoek. Die ander verdagte is intussen na die vrou se kamer. Nadat die verdagtes gevlug het, is die vrou kaal in haar kamer aangetref.

Naicker het gesê Duma is Donderdag by ʼn kroeg in hegtenis geneem nadat ʼn selfoon en ander items wat tydens die aanval gesteel is in sy besit gevind is. Chiliza is kort hierna in hegtenis geneem. Albei verdagtes kan moontlik ook aan ander misdade in die omgewing verbind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.