Twee in hof ná Brits-vrou se skietdood

Esbé Koster. Foto: Verskaf

Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn in verband met die moord op ʼn vrou van Brits in Noordwes.

Maroela Media het vroeër berig Esbé Koster (50) se liggaam is op 22 November 2016 langs die Ou Lethlabile-pad naby Brits met ʼn skietwond in haar kop gevind. Haar wit VW City Golf was vermis.

Koster se man, Jan, het onraad gemerk toe hy die betrokke dag by die huis gekom het en sy vrou nie oudergewoonte by die huis was nie. Iemand het later op die buurt se WhatsApp-groep gesê ʼn liggaam is langs die pad gevind. Jan het daarop geantwoord deur te sê hy weet nie waar sy vrou is nie. Een van die bure is na die toneel om die liggaam uit te ken en het Jan in kennis gestel dat dit wel sy vrou se liggaam was.

Koster het ses jaar lank as sekretaresse by die Rabboni Christian School gewerk. Kort ná haar moord is twee leerders van dié skool, toe onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, in hegtenis geneem. Die verdagtes se name kan steeds nie bekendgemaak word nie omdat hulle ten tyde van die misdaad minderjarig was.

Amelda Ferreira, Koster se jonger suster, het kort ná die moord aan Maroela Media gesê haar suster was ʼn baie saggeaarde mens wat nie sou terugbaklei het nie. “Sy sou net [vir haar aanvallers] gesê het vat maar die motor,” het Ferreira gesê.

Volgens berigte is die twee verdagtes ná hul inhegtenisneming in die sorg van hul ouers vrygelaat en het hulle teruggekeer skool toe.

Lees alle vorige berigte oor Esbé Koster op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
NEE GENADE

Minderjarige (vermeende) moordenaars . vreemd hoe die wette werk, as jy ‘n moordenaar is gee ek regtig nie om hoe oud jy is nie, dan moet jou naam bekend gemaak word dat ander kinders op die uitkyk kan wees vir jou en jou vermy. WANT HULLE IS VRYGELAAT EN TERUG SKOOLTOE .. kinders .. pasop vir hierdie twee vermeende kriminele .. hulle het eenkeer doodgemaak .. julle moet maar LIGLOOP, ek hoop darem julle weet wie dit is . WAT gaan gebeur as hulle kinders by die skool DOODMAAK? Wie vat dan die verantwoordelikheid?? LANDDROS??

Jordaan

So, minderjariges word ook vergiftig om wit mense te haat en dood te maak. Hulle het tog geen ervaring van die nare apartheid wat dit kon veroorsaak nie?

Johann Marx

Tyd vir ware demokrasie. Die grondwetlike reg tot lewe moet gebalanseer word met die reg om nie te lewe nie, en jou keuses in hierdie verband moet gekoppel word aan jou gedrag teenoor die gemeenskap. Sou jy kies om 1. ‘n kind te verkrag, 2. dwelms te smokkel, 3. gewapende aksie uit te voer, of 4. iemand te vermoor, behoort dit ‘n duidelik teken vir die konstitusionele hof te wees dat jy jou reg om NIE te lewe NIE wil uitoefen, en moet ons jou NOG 5 demokratiese keuses gee, nl. galg, elektriese stoel, gaskamer, vuurpeleton of dodelik inspuiting. Niemand… Lees meer »

Vrygelaat???

Hoe is dit moontlik dat sulke wrede moordernaars net vrygelaat was?? Waarom betaal ons nog belasting aan n regering en regsisteem wat ons vermoor??

Casper Labuschagne

Nog ‘n tragiese verhaal wat dieselfde tema het as soveel ander wat daagliks in SA afspeel. Hierdie vrou se lewe het geeinding waar sy brutaal vermoor was deur twee persone vir wie sy gedien het. En dit is foutief dat sy vermoor was, sy is terreggestel omdat sy ‘n spesifieke ras verteenwoordig – haar beskeie motortjie kon sekerlik nie die enigste motief gewees het nie. Ek sukkel regtig om ‘n toekoms oor die lang termyn in SA te sien tensy ons vir onsself kan afsonder van hierdie wetteloose en haatdraende kultuur.