Twee in hof ná Brits-vrou se skietdood

Esbé Koster. Foto: Verskaf

Twee verdagtes sal na verwagting vandag in die hooggeregshof in Pretoria verskyn in verband met die moord op ʼn vrou van Brits in Noordwes.

Maroela Media het vroeër berig Esbé Koster (50) se liggaam is op 22 November 2016 langs die Ou Lethlabile-pad naby Brits met ʼn skietwond in haar kop gevind. Haar wit VW City Golf was vermis.

Koster se man, Jan, het onraad gemerk toe hy die betrokke dag by die huis gekom het en sy vrou nie oudergewoonte by die huis was nie. Iemand het later op die buurt se WhatsApp-groep gesê ʼn liggaam is langs die pad gevind. Jan het daarop geantwoord deur te sê hy weet nie waar sy vrou is nie. Een van die bure is na die toneel om die liggaam uit te ken en het Jan in kennis gestel dat dit wel sy vrou se liggaam was.

Koster het ses jaar lank as sekretaresse by die Rabboni Christian School gewerk. Kort ná haar moord is twee leerders van dié skool, toe onderskeidelik 16 en 17 jaar oud, in hegtenis geneem. Die verdagtes se name kan steeds nie bekendgemaak word nie omdat hulle ten tyde van die misdaad minderjarig was.

Amelda Ferreira, Koster se jonger suster, het kort ná die moord aan Maroela Media gesê haar suster was ʼn baie saggeaarde mens wat nie sou terugbaklei het nie. “Sy sou net [vir haar aanvallers] gesê het vat maar die motor,” het Ferreira gesê.

Volgens berigte is die twee verdagtes ná hul inhegtenisneming in die sorg van hul ouers vrygelaat en het hulle teruggekeer skool toe.

Lees alle vorige berigte oor Esbé Koster op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

NEE GENADE ·

Minderjarige (vermeende) moordenaars . vreemd hoe die wette werk, as jy ‘n moordenaar is gee ek regtig nie om hoe oud jy is nie, dan moet jou naam bekend gemaak word dat ander kinders op die uitkyk kan wees vir jou en jou vermy. WANT HULLE IS VRYGELAAT EN TERUG SKOOLTOE .. kinders .. pasop vir hierdie twee vermeende kriminele .. hulle het eenkeer doodgemaak .. julle moet maar LIGLOOP, ek hoop darem julle weet wie dit is . WAT gaan gebeur as hulle kinders by die skool DOODMAAK? Wie vat dan die verantwoordelikheid?? LANDDROS??

Jordaan ·

So, minderjariges word ook vergiftig om wit mense te haat en dood te maak. Hulle het tog geen ervaring van die nare apartheid wat dit kon veroorsaak nie?

Johann Marx ·

Tyd vir ware demokrasie. Die grondwetlike reg tot lewe moet gebalanseer word met die reg om nie te lewe nie, en jou keuses in hierdie verband moet gekoppel word aan jou gedrag teenoor die gemeenskap. Sou jy kies om 1. ‘n kind te verkrag, 2. dwelms te smokkel, 3. gewapende aksie uit te voer, of 4. iemand te vermoor, behoort dit ‘n duidelik teken vir die konstitusionele hof te wees dat jy jou reg om NIE te lewe NIE wil uitoefen, en moet ons jou NOG 5 demokratiese keuses gee, nl. galg, elektriese stoel, gaskamer, vuurpeleton of dodelik inspuiting. Niemand “veroordeel jou dan ter dood nie”……..jy is die kaptein van jou eie toekoms aan die hand van jou dade teenoor die gemeenskap, en hierdie is JOU keuse. Waar is ons konstitusionele reuse???? Komaan, Suid Afrika….

Casper Labuschagne ·

Die doodstraf vir misdade wat dit regverdig is iets wat ek al lankal ondersteun. Maar, ek het my bedenkinge want of ek nou hier reg of verkeerd is, dit kom voor asof wanneer hofsake ‘n politieke kleur kry, dan kry wit oortreders ‘n swaarder straf dieselfde klas misdade as ander oortreders. Gevolglik is ek bevrees dat sou die doodstraf terugkom, dan sal dit dalk hoofsaaklik oortreders van ‘n spesifieke minderheidsgroep wees wat die doodstraf sal kry.

Johann Marx ·

Casper, wat ek ondersteun is NIE die doodstraf nie. Die doodstraf word op ‘n beskuldigde af forseer, nadat sy dade deur ‘n span regters beoordeel is. Die “reg om NIE te lewe NIE is ‘n keuse, wat jy kies deur die uitoefening van jou dade teenoor die gemeenskap. Die anti-doodstraf brigade het ‘n lys van “besware” waarom die doodstraf nie toegepas behoort te word nie….AL daardie besware word weerlê as ‘n individu deur sy aksies, wat voldoen aan 4 grondwetlike voorwaardes sou die reg tot lewe gebalanseer word met die reg om NIE te lewe nie, die keuse maak om sy “reg om NIE te lewe NIE” uit te oefen. As jy die reg tot lewe wou hê….leef jou lewe so dat dit NIE voldoen aan die 4 voorgeskrewe voorwaardes om die alternatief te kies nie. Dis eenvoudig….

Vrygelaat??? ·

Hoe is dit moontlik dat sulke wrede moordernaars net vrygelaat was?? Waarom betaal ons nog belasting aan n regering en regsisteem wat ons vermoor??

Casper Labuschagne ·

Nog ‘n tragiese verhaal wat dieselfde tema het as soveel ander wat daagliks in SA afspeel. Hierdie vrou se lewe het geeinding waar sy brutaal vermoor was deur twee persone vir wie sy gedien het. En dit is foutief dat sy vermoor was, sy is terreggestel omdat sy ‘n spesifieke ras verteenwoordig – haar beskeie motortjie kon sekerlik nie die enigste motief gewees het nie. Ek sukkel regtig om ‘n toekoms oor die lang termyn in SA te sien tensy ons vir onsself kan afsonder van hierdie wetteloose en haatdraende kultuur.

Riouna Martin ·

So jammer pragtige vrou. Sterkte aan gesin. Mag die persoon swaar gestraf word om net so te moor!

Abssoluut verstom! ·

Twee minderjariges skiet n juffrou dood en word weer vrygelaat om terug skool toe te gaan. HOE WERK DIE POLISIE SE KOP IN HIERDIE LAND – BESLIS NIE REG NIE! O, ek het vergeet dis net weer n witte wat doodgeskiet is….dan kan die lewe maar voortgaan. Iemand moet beslis n slag na die inhegtenis neem wette begin kyk! AFRIFORUM?????

JoeV ·

Nee om in aanhouding te bly moet mens darem iets baie ergers aanvang hoor! Soos maak of jy iemand in doodskis wil sit en dit op video neem, jy weet, iets ergs!

Deloris ·

Liewe wragtag…. dis nou een te veel om te verstaan, minderjariges pleeg n moord, word terug geplaas in die sorg van hulle ouers en gaan terug skool toe….. liewe Vader gee my krag om dit te probeer verstaan….

Jacques ·

Hoe ironies is dit dat die hand wat jou voed oor en oor gebyt word in die nuwe SA .???
Besef die mense dan nie hulle skiet hulle self in die voet reg deer die knieg nie???
Ek stem saam dat die tyd aangebreek het om die doodstraf terug te bring , want daar is GEEN respek vir n ander se lewe meer nie en dit moet baie vinnig verander veral vir ons boere (Voedsel produsente) !!!

JoeV ·

Iemand moet nog eendag verduidelik hoe jy beplan om dame wat heel onskuldigs is te kan “begin” vermoor. Hoe sou “mens” so iets van stapel stuur. Sit jy agter in die voertuig en neem dan ‘n willekeurige aksie wat in jou meening genoegsaam besering sal toedien sommer net so? En as die eerste aksie nou nie opslagte dood veroorsaak nie, doen jy dit dan net weer tot dit werk? Veral as die karakter van die dame nou so was soos die suster verduidelik dat sy nie sou terug veg nie, wat sou jou dan aanspoor?
En as jy nou die volgende dag terug is by die skool, verwag jy dan helde ontvangs of hoe werk die besigheid?
Waar is “mens” in die hele treurspel?
Wat was die wins?
Wat sou keer dat iemand anders nie onder dieselfde “hande” deurloop nie? Die is tog immers “nuwe” Suid Afrikaanse boorlinge, nuwe kiesers wat eersdaag mag dinge bepaal oor wie regeer die land, onderwys , veiligheid; en die reg?

Johann Marx ·

JoeV, jou vrae is relevant. Die nare waarheid is dat die grootste gedeelte van Suid Afrika se populasie NIE oor die vermoë beskik om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle besig is daarmee nie. Hulle “beplan” dus nie vooraf om te moor nie, maar gebruik die geleentheid. En dan dink hulle nie oor die “gevolge” van hulle dade terwyl hulle dit pleeg nie, want hulle kan nie. Daarom sit ons tronke VOL onskuldige mense….wat deur “iemand anders” se toedoen daar opge-eindig het. As jy dit so verstaan, is amper AL jou vrae beantwoord.

Theresa B ·

Ja nee wragtig. Dis absurd. Jy vermoor ‘n ongeskuldige persoon maar jy kan aangaan met jou lewe asof jy net jou tande verkeerd geborsel het die oggend.

Theresa ·

Dis ‘n skreiende skande. Geen voorbeeld vir ander jeug om te volg nie en ten spyte van als net weer terug in skool? Wow. Hier is vele lesse te leer.

Hannelie ·

Ek stem dit is nie reg nie waar is die regverdigheid in die land?

Theresa ·

Die twee het PRESIES geweet wat hul doen. Eerstens moes hul tog die motor stop. Tweedens sekerlik geweet dis die spesifieke persoon in die motor, aangesien hul leerders van die skool is waar sy werk? Derdens skiet hul haar – BESLIS nie uit selfverdediging nie, maar met die doel om te dood omdat hul wil.
Afriform/Afrisake – kan jul asb. hierdie saak opraap en toesien dat daardie moordenaars aan die pen ry??? Wanneer iemand so ‘n misdaad pleeg, is hul oud genoeg om dienooreenkomstig daardie moord gestraf te word. Laat hul uitkom op 100.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.