Twee in hof ná gevangenes ontsnap

Argieffoto

Argieffoto

Twee mense sal na verwagting Dinsdag in die Ngcobo-landdroshof verskyn nadat hulle glo vier verhoorafwagtendes gehelp het om te ontsnap, het die Oos-Kaapse polisie gesê.

“ʼn Skoonmaker en ʼn straatverkoper het die gevangenes gehelp en vir hulle ʼn ystersaaglem gegee om die tronktralies mee af te saag,” het lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die twee persone is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn.”

Die vier gevangenes het Vrydag uit die aanhoudingselle by die Ngcobo-polisiestasie ontsnap. Drie van die gevangenes, Sinethemba Velelo (19), Kanyile Zangqa (30) en Andile Nkungwana (23), is Maandag weer in hegtenis geneem. Hulle sal na verwagting Woensdag in die hof verskyn. Die polisie is nog steeds op soek na die vierde verdagte, Mncedisi Mantiy (29).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.