Twee in hof ná hameraanval op plaas

Argieffoto

Twee mans, Jacobus en William Wilkinson, het Woensdag in die Machadodorp-streekhof verskyn in verband met die beweerde aanranding van vier mense op ʼn plaas naby Belfast in Mpumalanga.

Monica Nyuswa, woordvoerder van die provinsiale direkteur van openbare vervolging (DOV), het Donderdag gesê die mans staan tereg op twee aanklagte van poging tot moord, een aanklag van aanranding en een van die rig van vuurwapen.

“Die beskuldigdes het na bewering op 24 April twee slagoffers, onderskeidelik 18 en 32 jaar oud, met ʼn hamer aangerand. Die slagoffers moes na ʼn hospitaal geneem word vir behandeling. Albei van die slagoffers werk vir een van die twee beskuldigdes,” het Nyuswa gesê.

Volgens Nyuswa het die mans ʼn halfuur later nog twee mense, onderskeidelik 32 en 60 jaar oud, aangerand. Die twee mense woon glo op die plaas en betaal huur.

“Albei beskuldigdes is in aanhouding en moet weer op 7 Mei in die hof verskyn om vir borgtog aansoek te doen. Die verdedigingsprokureur het aangedui dat hy ʼn geruime tyd gelede ʼn borgtogaansoek gedoen het en ʼn advokaat gaan kry om dit voor te berei,” het sy bygevoeg.

Nyuswa het aan Maroela Media gesê die motief vir die beweerde aanvalle kan eers bekendgemaak word as die borgtogaansoek afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Jaco ·

Om iemand met n hamer te wil slaan onder welke omstandighede ookal, kan alleenlik vertolk word as n poging tot manslag

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.