Twee in hof ná hulle glo man van brug stamp

Die Vaalrivierbrug naby Barkly-Wes.

Die Vaalrivierbrug naby Barkly-Wes.

Peter Watson en Rohan Bekker het Woensdag in die Barkly-Wes-landdroshof in die Noord-Kaap verskyn nadat hulle glo ʼn man van ʼn brug af in ʼn rivier in gestamp het.

“Watson is op borg van R1 000 vrygelaat terwyl Bekker in aanhouding bly,” het luit. Andrea Cloete, woordvoerder van die polisie, gesê. Die twee mans staan tereg op aanklag van poging tot moord. Die saak is tot 6 Oktober uitgestel.

Cloete het gesê die slagoffer het glo Dinsdag na Bekker se Rietgat-oord gegaan op soek na ʼn vriend. Watson en Bekker het die man glo agter op ʼn bakkie gegooi waarna hulle hom na die Vaalrivierbrug gevat het en hom van die brug af gestamp het.

Hy kon daarin slaag om na veiligheid te swem en het die polisie in kennis gestel, het Cloete gesê. Hy is na ʼn hospitaal geneem vir behandeling nadat hy beserings aan sy kop en skouers opgedoen het.

Volgens Cloete is dit die tweede saak van poging tot moord teen Bekker. Die ander saak is steeds aan die gang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Die_Skim ·

Ai, lyk my die Bekkers moet eerder hulle vanne verander die Brekers. Christoff Breker en Rohan Breker. Lyk my die Bekker naam word nou gekoppel aan geweld

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.